Nuwe klagte teen Pravin
Die nuwe klagte sal verband hou met die vestiging in 2007 van ''n elite-ondersoekeenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens toe Gordhan die kommissaris was.
Abram Mashego
Pravin Gordhan, die minister van finansies, sal na alle waarskynlikheid volgende maand weer strafregtelik aangekla word.
En hierdie keer wil ''n vasberade span aanklaers by die nasionale vervolgingsgesag (NVG) en ondersoekers van die Valke doodseker maak dat hulle ''n waterdigte saak teen Gordhan en sy medebeskuldigdes het.
Die nuwe klagte sal verband hou met die vestiging in 2007 van ''n elite-ondersoekeenheid in die Suid-Afrikaanse Inkomstediens (SAID) toe Gordhan die kommissaris was.
Twee senior amptenare by die Valke en ''n topbestuurder by die NVG wat na aan die ondersoek is, het aan City Press bevestig dat Gordhan en sy voormalige adjunk by die inkomstediens, Ivan Pillay, “voor Kersfees nog” aangekla sal word.
“Dit is nie ''n kitsondersoek nie. Daar is nog baie wat ons moet doen,” het een van die senior amptenare die afgelope week gesê.
Die ander senior amptenaar het gesê: “Die aanklagte teen hulle sal insluit bedrog, dwarsboming van die gereg, en oortredings van die Wet op die Reëling van Onderskepping van Kommunikasies en Verstrekking van Kommunikasieverwante Inligting.” Die wet is in Engels as Rica bekend.
''Beskuldigde nommer een''
Die Valke en NVG beplan om Gordhan as “beskuldigde nommer een” op die klagstaat te lys.
Adv. Shaun Abrahams, nasionale direkteur van openbare vervolgings, het op 11 Oktober erge trillings deur die markte én politieke landskap gestuur met sy aankondiging dat die NVG Gordhan, Pillay en die voormalige SAID-kommissaris Oupa Magashula aankla.
Hy het egter die grootste deel van daardie mediakonferensie gebruik om te praat oor die SAID se sogenaamde onwettige ondersoekeenheid – en tog gekies om die drie aan te kla van bedrog en oortredings van die Wet op Openbare Finansiële Bestuur wat verband hou met Pillay se vroeë aftrede.
City Press het ook vasgestel dat die Valke-span wat die SAID-ondersoekeenheid bekyk, versterk is en nou uit vier ondersoekers bestaan wat bykomende bewyse moet insamel teen Gordhan en talle oudwerknemers van die inkomstediens, onder wie die voormalige hoof van ondersoeke Johann van Loggerenberg.
Ondersoekers van die Valke het “onlangs” die voormalige adjunkminister van finansies Jabu Moleketi genader om ''n verklaring in dié verband by hom af te neem, en hom gevra vir inligting oor die elite-eenheid, waarteen hy aanvanklik gekant was.
Luidens ''n “geheime” inligtingsnota wat op 20 Januarie deur die Valke aan David Mahlobo, die minister van staatsveiligheid, gestuur is, het Moleketi voorbehoude uitgespreek oor die vestiging van die geheime ondersoekeenheid in Februarie 2007, toe Gordhan dit goedgekeur en Trevor Manuel, destyds minister van finansies, die totstandkoming daarvan amptelik bekragtig het.
Die nota wys Moleketi het langs Gordhan se aansoek geskryf: “Ondersteun – maar dit is ''n vreemde manier om uitvoering te gee aan wat ek beskou as ''n ekonomiese mandaat van die NIA. Dit lyk asof dit bykomend is, eerder as deel van NIA se mandaat.” (Die NIA is die Nasionale Intelligensie-agentskap.)
Moleketi het gister bevestig die Valke het hom vir ''n beëdigde verklaring gevra.
“Ek is genader en ek het ''n verklaring deur my regsverteenwoordigers gegee,” sê hy.
''n Senior Valke-offisier sê die ondersoek na die eenheid was ''n “aanklaergeleide ondersoek” en die NVG het vir die span leiding en opdragte gegee.
In die inligtingsnota wat die ondersoekbeampte, brig. Nyameka Xaba, na Mahlobo gestuur het, beweer hy Gordhan en Pillay was betrokke by die stigting van die elite-ondersoekeenheid. Xaba staan aan die hoof van ''n gespesialiseerde Valke-eenheid wat gestig is om misdade teen die staat te ondersoek.
Ondersoekspan
City Press verneem die NVG het vier aanklaers aan die ondersoekspan toegewys. Hulle is almal van die eenheid vir prioriteitsmisdade waarvan Abrahams voorheen die hoof was.
Toe Abrahams Vrydag in die parlement deur lede van die portefeuljekomitee oor justisie ondervra is, het hy gesê die ondersoek na die sogenaamde onwettige ondersoekeenheid is in ''n gevorderde stadium en “ons sal seker maak dat ons nie dieselfde foute daarmee maak nie”.
''n Senior aanklaer by die NVG se hoofkantoor in Silverton, Pretoria, sê hy het nog nooit voorheen beleef dat vier aanklaers aan een saak toegewys word nie.
Die aanklaer, wat op voorwaarde van anonimiteit gepraat het, sê Xaba, sowel as die speurders kol. H. Maluleka, ''n lt.kol. S. Palaza, en ''n kapt. M. Sewele, was gereelde besoekers aan Abrahams se kantoor.
“Hulle vergader altyd in Shaun se kantoor. Die laaste tyd het hulle toegangskaarte gehad. Hulle hoef nie meer die register in te vul as hulle hierheen kom nie en word nie meer deur die gebou begelei nie,” sê die aanklaer.
Die NVG-woordvoerder, Luvuyo Mfaku, sê geen besluit is nog geneem om Gordhan te vervolg nie.
“Die ondersoek is nog aan die gang,” sê hy.
Gwede Mantashe, ANC-sekretaris-generaal, het aan Rapport bevestig dringende versoeke is ontvang om ''n spesiale vergadering van die party se belangrikste besluitnemingstruktuur, die nasionale uitvoerende komitee (NUK), te hou om die staatskapingverslag te bespreek. “Ons sal Maandag besluit of ''n spesiale NUK-vergadering gehou moet word. Ek het egter niks gesien wat lui dat Zuma teruggeroep moet word nie,” het hy gesê.
Mantashe het die vorige aand in die Oos-Kaap ''n proses van stapel gestuur om Madonsela se verslag op die vlak van ANC-takke te bespreek, soos wat gedoen is ná die Nkandla-hofuitspraak en die vernederende uitslae van die verkiesings. Hy en adj.pres. Cyril Ramaphosa probeer hard om die verdeeldheid in bedwang te hou.
Ramaphosa het Donderdagoggend geskerm toe die ANC-koukus in die parlement ''n verklaring oor die staatskapingverslag wou uitreik en gemaan dat dit ''n verklaring deur Luthuli-huis sal vooruitloop. Later het Luthuli-huis toe wel op die verslag gereageer en gesê dit “skep ''n tasbare grondslag waarop die ANC en die gemeenskap as geheel die aantygings daarin kan bespreek”.
Cosatu
Solly Phetoe, adjunkhoofsekretaris van Cosatu, het gesê diegene wat in Madonsela se verslag betrek word, moet die gevolge daarvan dra “selfs al beteken dit dat hulle vir misdadige gedrag ondersoek moet word”.
“Cosatu-leiers kan nie die debat rondom Zuma se lot ondermyn of onderdruk op ons volgende sentrale uitvoerende komiteevergadering oor twee weke nie,” het Phetoe gesê.
Die ANC-jeugliga maak môre sy siening oor die verslag bekend.
Collen Maine, jeugliga-leier, wat in Madonsela se ondersoek betrek is, het geweier het om sy samewerking aan Madonsela te gee. Maine word saam met Maphatsoe beskou as die beste aanduiders van die standpunte van die dominante premierliga, wat die hoeksteen van Zuma se magsbasis is.
Sedert die verkiesingsuitslae in Augustus is daar aanduidings dat die premierliga aanvaar dat Zuma die een of ander tyd die trekpas gaan kry, maar dit lyk nie of die tyd daarvoor ryp is nie.
“Daar is geen faksie in die ANC wat in hierdie stadium voordeel kan trek daaruit nie. Zuma se uittrede sal die ANC verswak - iets wat indruis teen die belange van al die faksies,” het ''n bron in die party gesê.
Dit kan egter vinnig verander indien Zuma iets drasties doen, soos om Gordhan af te dank. “So iets sal waarskynlik daarop uitloop dat belangrike figure soos Mantashe, Ramaphosa, Gordhan en dr. Aaron Motsoaledi, minister van gesondheid, uit die party wegbreek,'' het ''n ander bron gesê. -Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie