Nuwe kommisarisse veroorsaak onmin in NV
Estelle de Bruyn - Die eerste minister, me. Saara Kuugongelwa-Amadhila, het Donderdag in die Nasionale Vergadering ter elfder ure die name van die nuwe verkiesingskommissie, wat deur die president genomineer is, ter tafel gelê. Die NV het in reses gegaan en sit eers weer in September.
Dit het die opposisie nie aangestaan nie.
Mnr. Ignatius Shixwameni van die All People's Party (APP) het gesê hy het niks teen die individuele lede op die lys nie, maar die feit dat tot die laaste dag van die sitting gewag is om die name na die Huis te bring, is onaanvaarbaar.
Me. Elma Dienda van die DTA het gevra dat die curriculum vitae van die genomineerdes ten minste aan die lede van die NV voorgelê word sodat hul agtergrond en ondervinding nagegaan kan word.
Die prokureur-generaal, mnr. Sackey Shanghala, het verduidelik dat die lede van die verkiesingskommissie deur ’n paneel, bestaande uit onder andere die voorsitter van die staatsdienskommissie, die voorsitter van die regsvereniging en die griffier van die hoërhof ondersoek word, alvorens die name aan die president voorgelê word. Hy het ook daarop gewys dat met die uitsondering van een lid van die kommissie al die lede reeds in die kommissie gedien het.
Die minister van justisie, dr. Albert Kawana, het egter daarop gewys dat indien die komitee nie die verpligtinge nakom nie, die parlementêre portefeuljekomitee belas met voorregte kan ingryp en aanbevelings aan die president maak.
Shixwameni het by wyse van ’n ordepunt daarop gewys dat die wet voorsiening maak dat belangstellendes wat in die kommissie wil dien, om die pos aansoek moet doen, dat in die openbaar met hulle onderhoude gevoer word, waarna die name vir bekragtiging aan die NV voorgelê word.
Die president van die DTA, mnr. McHenry Venaani, wou van die prokureur-generaal weet wat fout was met die komitee wat die lede moes aanwys en waarom hulle nie hul werk kon verrig nie.
As lid van die parlementêre komitee wat die kastaiings op die nippertjie uit die vuur moes krap, dring hy daarop aan om te weet wat verkeerd geloop het.
Kuugongelwas-Amadhila het in haar repliek gesê dit is ’n onbenydenswaardige situasie en indien dit anders gedoen kon word, sou sy dit verkies het.
Sy het op die erns van die aangeleentheid gewys en gesê die ampstermyn van die huidige kommissie kom binnekort ten einde.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie