Nuwe kragstasie vir Otavi
Nuwe kragstasie vir Otavi

Nuwe kragstasie vir Otavi

Henriette Lamprecht
Otavi se dae van gereelde kragonderbrekings danksy foute op die ou kraglyn wat elektrisiteit aan die dorp en omliggende plase verskaf, is iets van die verlede. Dit danksy die oprigting van kragpale wat 25 km ver strek, asook die opgradering van ’n mini-kragstasie op die dorp.
Volgens mnr. Silvester Wayiti van Cenored is die projek teen ’n beraamde koste van N$125 miljoen voltooi en het die kragstasie die kapasiteit om sowat 10 Megavolt Amperes krag op te wek. Plase en gastehuise in die kiesafdeling sal egter steeds deur die ou kraglyn van elektrisiteit voorsien word. - Nampa

Kommentaar

Republikein 2025-03-17

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer