Nuwe krematorium weer in werking
Die nuwe krematorium in Windhoek is na jare weer in werking.
Henriette Lamprecht – Windhoek se nuwe krematorium het ná jare wat dit in onbruik was, gister vir die eerste keer weer begin diens doen.
Die ou krematorium wat uit die sewentigs dateer en vir jare verantwoordelik was vir alle verassings in die land, is egter sedert 13 Augustus buite werking.
Volgens die woordvoerder van die Windhoekse munisipaliteit, me. Lydia Amutenya, is die herstelwerk aan die nuwe krematorium uiteindelik voltooi. Die munisipaliteit se verweer was vir jare dat daar op 'n onderdeel uit Duitsland gewag word.
Volgens Amutenya het die ou krematorium wat vir weke buite werking was, veroorsaak dat verassings nou drie weke agter is en dat dit nie 'n waglys van tot tien maande is soos bespiegel word nie. Begrafnisondernemers roteer en kry elke nege dae kans om vier liggame te veras.
Volgens Amutenya sal die pas van die nuwe krematorium bepaal word deur die grootte van die oorskot wat veras word en wissel dit van drie tot vier liggame per dag.
Verskeie begrafnisondernemers het by navraag gesê hulle sit steeds met die oorskot van mense wat weke terug aan Covid-19 gesterf het en wat volgens regulasies binne sewe dae begrawe of veras moet word.
'n Verassing in die hoofstad kos volgens die munisipaliteit se jongste tariewe vir 2021-'22 N$950 vir volwassenes en N$475 vir kinders jonger as 12 jaar. Die plasing van die vaas met die as is N$135, om in die boek van herinnering te skryf (maksimum 30 woorde) kos 'n verdere N$55, terwyl die granietplaatjie in die muur van herinnering 'n verdere N$2 105 is.
Vir inwoners buite Windhoek is die verassing van 'n volwassene N$1 662, vir 'n kind N$831, terwyl die plaatjie N$3 681 kos. Buitelanders moet N$3 084 vir 'n verassing in die hoofstad opdok. Om die kapel te huur, is 'n verdere koste wat oor naweke en op 'n openbare vakansiedag byna dubbel soveel kos.
Al dié tariewe is volgens die munisipaliteit se riglyne en tariewe vooruitbetaalbaar.
Tariewe is ook jaarliks betaalbaar vir persone wat 'n graf gekoop het vir wanneer hulle of hul geliefdes te sterwe sou kom. Vir die Katutura-begraafplaas beloop dit N$289 per jaar, vir die Ou Lokasie N$586 en vir die Gammams-begraafplaas N$876 per jaar.
'n Begrafnisondernemer het in 'n onderhoud met Republikein verwys na 'n bejaarde vrou wat jare gelede 'n graf in Windhoek gekoop het om langs haar oorlede seun begrawe te word. Sy het nooit enige rekeninge van die munisipaliteit ontvang nie en moes haar familie na soveel jare eers byna N$20 000 betaal om haar te begrawe terwyl sy reeds 'n bespreekte en betaalde graf gehad het.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie