Nuwe kykgenot u00e9n ou gunstelinge diu00e9 Julie op VIA
Nuwe kykgenot u00e9n ou gunstelinge diu00e9 Julie op VIA

Nuwe kykgenot én ou gunstelinge dié Julie op VIA

Lloyd Zandberg
Die winter het behoorlik aangebreek en om die rusbankseisoen nóg lekkerder te maak, bring VIA (DStv kanaal

147) twee splinternuwe werklikheidsprogramme TV toe. Vyf gunstelingprogramme keer ook terug

na dié Afrikaanse leefstylkanaal vir nuwe seisoene.

Pietie Beyers is terug van 15 Julie af met die vierde seisoen van Blitsbrein om ’n nuwe slimkop te kroon in

dié algemene kennis-kompetisie.

Nuwe episodes van dié vasvraprogram word nou op Maandae om 19:30 uitgesaai met heruitsendings op Sondae om 19:00.

’n Nuwe seisoen van VIA se trefferreeks Huisgenoot: Ware lewensdramas begin ook die 15de. In dié

seisoen word daar gekyk na stories wat die land se verbeelding aangegryp het soos Bob Hewitt, die Hoërskool

Driehoek-tragedie, Hannah Cornelius en die Waterkloof-vier.

Dis Maandae om 20:00 in samewerking met Finbond Platinum.

In die splinternuwe reeks Boshospitaal loer ons in by die Hoedspruit- Bedreigde Spesiesentrum in waar ’n

span van vier dierebewaarders en een veearts van gestroopte renosters tot wees nagapies probeer red.

Van 15 Julie af, Maandae om 21:00 en Saterdae om 18:00.

Die gewilde trouprogram Kom ons trou, nou! is terug op die TV van 18 Julie af. Dié keer help die TV-persoonlikheid

Pulane Sekepe vroue wat moeg gewag is vir die jawoord om in twee dae verrassingstroues agter hul kêrels se rûe te reël. Donderdae om 20:00.

Ná ’n eerste trefferseisoen is die gewilde Stellenbosse kabaretster en taxibestuurder Leatitia Solomons

ook van die 18de af terug vir ’n nuwe seisoen van Leatitia se taxi. Donderdae om 21:00 en Saterdae om

19:00. In samewerking met Afrikaans.com.

Met die rugbywêreldbeker om die draai, kry VIA ook nou rugbykoors. In die werklikheidsprogram Terug

op die veld help die afrigters Paul Treu en Paul Delport van 23 Julie af ’n groep eksrugbymanne om weer

wedstrydgereed te word. Henré Pretorius is die aanbieder. Dinsdae om 17:30 met heruitsendings Sondae om 15:30.

Frik Oosthuizen en Piet Marais kom ook terug met ’n nuwe seisoen van Laat die potte prut – dié keer in

’n nuwe tydgleuf. Van 30 Julie af word nuwe episodes van die gewilde kompetisieprogram op Dinsdae om

20:30 uitgesaai met heruitsendings op Saterdae om 20:30.

Kommentaar

Republikein 2025-04-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer