Nuwe leiers vir uraanvereniging
Die Namibiese Uraanvereniging (NUA) het onlangs die aanstelling van sy nuwe voorsitter en adjunkvoorsitter aangekondig.
Mnr. Percy McCallum is van 1 Januarie vanjaar af die nuwe voorsitter van die vereniging wat Namibiese uraan as handelsmerk bevorder.
Rössing-uraanmyn se besturende direkteur, mnr. Werner Duvanhage, is as adjunkvoorsitter aangewys. Hulle sal elk twee jaar in dié posisies dien.
McCallum neem die leisels oor by Avera se hoofbestuurder, mnr. Hilifa Mbako.
McCallum, adjunkpresident van menslike hulpbronne en sake-ondersteuning by Swakop Uranium, was voorheen Mbako se adjunk by die vereniging en volgens NUA dien hy die uraanbedryf in Namibië al ’n geruime tyd.
Sy kwalifikasies sluit in ’n regsgraad, ’n nagraadse diploma in personeelbestuur en ’n graad in arbeidsverhoudings.
Duvenhage het al diep spore in Namibië se uraanmynbedryf getrap as besturende direkteur van die Langer Heinrich-uraanmyn, as president van Namibië se kamer van mynbou, en as voorsitter van die uraanrentmeesterkomitee.
NUA is ’n onafhanklike vereniging wat bestaande uraanmyne, uraan-eksplorasiemaatskappye en kontrakteurs in die land verteenwoordig.
Die doel van die vereniging is om ’n effektiewe uraanbedryf met wêreldklasstandaarde te bevorder wat goeie praktyk, behoorlike omgewingsbestuur en volhoubare ontwikkeling vir alle belanghebbendes insluit.
Die liggaam se grondwet vereis die verkiesing van nuwe leiers elke twee jaar.
Ander lede van NUA se nuwe raad is mnre. Werner Ewald, Michael Introna, Mike Leech, Hilifa Mbako, Brandon Munro, Patrick Quinn, en drs. Gabi Schneider, Wotan Swiegers en Zhao Xigang van China.
Die vereniging finansier ook die Namibiese Uraaninstituut wat onafhanklik navorsing doen onder leiding van ’n wetenskaplike raad gelei deur dr. Detlof von Oertzen, en wat insluit drs. Seeham Khan, Marius Mutorwa, prof. Gustav Obermair, drs. Gabi Schneider, Hermann Strauss, Wotan Swiegers, prof. Christophe von Garnier en dr. Theo Wassenaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie