Nuwe lewe in onooglike kraghuis geblaas

Tanja Bause
Claudia Reiter – Die kunstenaars Kat en Lens het die mure van 'n transformator-substasie in Conrad Ruststraat in Klein Windhoek geverf en verfraai.

“Ons ry al maande lank by die lelike, vuil muur verby en het besluit om oor die graffiti te teken,” het Kat gesê.

“Die beste is wanneer mense verbyry en oor die mooi kunswerk praat,” het Lens gesê.

Nietemin moet almal nie nou op mure begin verf nie, sê hy.

“Terwyl ons besig was om die voorkant van die gebou te verf, het 'n munisipale werker ons gevra of ons toestemming van die munisipaliteit het om dit te mag doen. Ons het geen toestemming gehad nie en hy het sy kollegas gebel en ons ingelig die tekening moet op die mure bly,” het Kat gesê.

Voordat die duo begin het om die mure te verf, het hulle eers die omgewing rondom skoongemaak en opgeruim. Ongelukkig word die gebied steeds deur rommelstrooiers bemors en soek hulle nou na 'n oplossing om dit in die toekoms skoon te hou.

Volgens hulle is hulle nog op soek na die perfekte slagspreuk, soos “Hou Windhoek skoon” of “Hou Namibië nxa”.

As iemand 'n idee vir 'n slagspreuk het, kan hulle dit aan [email protected] stuur en as dit gekies word, sal dit op die muur geverf word.
[email protected]

FOTO
Kat en Lens besig om die gebou in Conrad Ruststraat in Klein Windhoek op te knap. Foto Claudia Reiter

Kommentaar

Republikein 2024-11-15

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 31° Rundu: 20° | 34° Eenhana: 21° | 34° Oshakati: 23° | 33° Ruacana: 20° | 30° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 20° | 31° Omaruru: 25° | 34° Windhoek: 20° | 31° Gobabis: 21° | 33° Henties Bay: 16° | 24° Swakopmund: 16° | 17° Walvis Bay: 16° | 23° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 22° | 38° Aranos: 23° | 36° Lüderitz: 16° | 28° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 20° | 34° Lubumbashi: 18° | 33° Mbabane: 16° | 31° Maseru: 14° | 30° Antananarivo: 13° | 32° Lilongwe: 19° | 32° Maputo: 19° | 33° Windhoek: 20° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 18° | 27° Johannesburg: 16° | 29° Dar es Salaam: 25° | 31° Lusaka: 19° | 29° Harare: 16° | 26° #REF! #REF!