Nuwe lewe vir Therons ná trauma
Die Theron-gesin van Outjo fokus op die positiewe noudat klein Laila se destydse babaoppasser uiteindelik agter tralies is.
ont face="Verdana" >
Francoise Steynberg - Vir die Theron-gesin van Outjo wat "enige ouer se grootste nagmerrie" in September 2017 moes beleef ná die aanranding op hul nege maande oue babadogter deur haar babaoppasser, is daar 'n nuwe lewe op pad.
Me. Annemarie Theron het gister aan Republikein gesê hulle sluit nou hierdie hoofstuk van hul lewe af. "Ons is opgewonde oor 'n bababoetie vir klein Laila (2) wat in begin Mei op pad is."
Laila se destydse oppasser, Nicoline Hoëses (40), is Donderdag in die Outjo-landdroshof deur landdros Peingondjabi Shipo tot ses jaar gevangenisstraf gevonnis nadat sy skuldig gepleit het op klagte van poging tot moord, aanranding met die opset om ernstig te beseer en kindermishandeling.
Die landdros het Hoëses op die klag van poging tot moord tot vier jaar tronkstraf gevonnis, 18 maande tronkstraf vir aanranding met die opset om ernstig te beseer en ses maande tronkstraf vir kindermishandeling. Die eerste twee klagte se vonnisse sal saam uitgedien word, dus is Hoëses effektief tot vier en 'n half jaar tronkstraf gevonnis.
"Nee, dit is nie genoeg nie en geregtigheid het nie geseëvier nie. Ek is geskok en teleurgesteld dat haar vonnis so kort is, maar sou 100 jaar genoeg wees vir die trauma waardeur sy my kind gesit het? Hoe kan ek regverdig wat is ‘n regverdige straf vir haar?" vra Theron.
"Dis vir my hartseeer dat sy ná twee jaar en drie maande kan aansoek doen vir parool."
Volgens Theron is die feit dat Hoëses 'n eerste oortreder is, skuldig gepleit het op al die klagte en vier kinders het, faktore wat tot haar strafversagting gelei het.
EMOSIELOOS
Theron vertel dat Hoëses absoluut emosieloos in die hof was: "Sy het nie vir my gekyk nie, sy het nie gehuil of gelag nie. Sy wou sowaar net ‘n boete betaal."
Theron sê sy en haar man, Johan, wil nie weer deur hierdie emosionele trauma gaan sodat Hoëses 'n swaarder straf moet kry nie.
"Ek moes in die hof getuig en moes wéér deur alles gaan. Dit het my gebreek. Dis die groot rede waarom ek nie verdere stappe gaan doen nie. Ek kan nie in die verlede teruggaan nie," het Theron gesê.
"Dit sal lekker wees as ons as ‘n gesin daardie hoofstuk kan toemaak en vorentoe gaan."
Theron sê sy sal altyd vrae hê: "Daardie dag was net één dag se video en dit het die hele dag so gegaan. Ons het net twee kameras in die huis. Wat het in die ander vertrekke en op ander dae gebeur?
"Wat het gebeur die dae toe daar merke op my kind se lyf was? Ek gaan nooit weet wat presies gebeur het nie, net die Here gaan weet. Net Hy sal regverdige straf vir haar gee."
Theron sê Laila was so weerloos en onskuldig: "As ek dink wat alles met haar gebeur het, weet ek nie of ek weer hierdeur wil gaan nie. Prokureurs kos geld, dis weer trauma vir ons en ons tyd word weer in beslag geneem."
Hoëses is in September 2017 in hegtenis geneem nadat die Therons 'n videokamera opgestel het nadat hulle verdagte beserings aan Laila se liggaam opgemerk het. Die video het gewys hoe Hoëses vir Laila in haar bababed gooi, haar aan haar voete optel en aan haar enkels swaai, en haar slaan as sy huil.
"Vir nou het ons as ‘n gesin besluit ons los dit sodat ons met ons lewe kan aangaan. Ons het mekaar nog, is dankbaar daarvoor, en ons fokus op die positiewe."
Theron is verlig Hoëses het nie skotvry daarvan afgekom nie en "ek is bly my kind lewe nog".
Dit gaan goed met Laila en sy kry terapie, sê Theron.
"Sy is 'n pragtige, lewendige, vriendelike, spontane en dierbare klein meisie."
Laila is in 'n kleuterskool en geniet dit baie. Saam met haar in die kleuterskool is nóg 'n traumaslagoffer, klein Amelie Prinsloo (6), die dogter van kunstenaar Lindie Prinsloo wat verlede jaar op Swakopmund vermoor is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie