Nuwe 'loerbroer' op die paaie
Vir diegene wat ernstig bekommerd oor padveiligheid in Namibië is, is dit goeie nuus dat kamerategnologie eersdaags spoed op die langpaaie gaan monitor.
Sulke stelsels word al lankal elders gebruik en moet plaaslik verder uitgebrei word. Dit is ‘n ope vraag hoekom nie lankal in die vernuwings belê is nie, maar laat is seker beter as nooit.
Vraagstukke oor die wet en standaarde behoort ook al lankal opgeklaar gewees het.
Volgens verkeersowerhede vind ‘n toetsfase tans plaas. Die nuwe “big brother” of loerbroer se lensoë kan so vroeg as Augustus wetlik begin kliek. Die publiek het tot 15 Julie om insette te lewer.
Die uitreiking van veelvuldige boetes op ‘n enkele roete sal dalk kritiek uitlok. Vir ander sal dit die afskrikkingswaarde van die stelsel verhoog.
Belangrik is om volledige data oor die twee weke lange toetsfase met die publiek te deel. Ook oor tekortkominge, indien enige. Die inligting is ook belangrik om die huidige krisis met bykomende feite te motiveer.
Daarna moet soortgelyke data minstens maandeliks of selfs weekliks beskikbaar gestel word.
Kameras kan egter nie almal polisieer en elke oortreding boekstaaf nie. Kansvatters sal gou leer om hul wangedrag vir die loerbroer weg te steek.
Kameras is ‘n belangrike hulpmiddel, maar die groter kopskuif en gedragsverandering bly die doeltreffendste oplossing.
So sê ander
29 Junie 2018
Trump and Putin’s Too-Friendly Summit
It’s good for American presidents to meet with adversaries, to clarify differences and resolve disputes.
But when President Trump sits down with President Vladimir Putin of Russia in Finland next month, it will be a meeting of kindred spirits, and that’s a problem.
The tensions Mr. Trump has sharpened with our allies should please Mr. Putin.
Mr. Trump’s top national security advisers are more cleareyed about the Russian threat than he is. So are the Republicans who control the Senate.
They have more responsibility than ever to try to persuade Mr. Trump that the country’s security is at stake when he meets Mr. Putin, and that he should prepare carefully for the encounter.
• THE NEW YORK TIMES

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie