Nuwe medikasie vir kinders met MIV
Nuwe medikasie vir kinders met MIV

Nuwe medikasie vir kinders met MIV

Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het sedert Julie vanjaar 'n meer doeltreffende middel beskikbaar gestel wat die virale lading in kinders wat MIV of vigs het, onderdruk.

Die middel staan bekend as Pediatriese Dolutegravir (pDTG). Teen die einde van Junie het die land 183 576 mense deel van sy MIV/vigs-behandelingsprogram gehad van wie 724 onder die ouderdom van vier jaar is.

Tot onlangs is Dolutegravir net gebruik vir ouer mense en was nie beskikbaar vir jong kinders nie, omdat dit nie in kleiner dosisse beskikbaar was nie. Die 10mg-weergawe verskaf die regte behandeling vir jong kinders tussen vier weke tot vyf jaar oud.

Namibië sal voortaan pDTG gebruik wat meer doeltreffend is as Lopinavir wat tans gebruik word vir die behandeling van MIV-positiewe kinders. Die ander voordeel van dié middel is dat dit in tabletvorm is en een maal per dag in afgemete water opgelos word teenoor Lopinavir wat twee maal per dag gedrink moet word. Dit is ook makliker om vir kinders te gee aangesien dit beter smaak en kinders dit makliker kan drink.

Volgens die uitvoerende direkteur van gesondheid en maat­skaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, is die ministerie tans besig met logistieke reëlings om te verseker die medikasie is by alle gesondheidsgeriewe oraloor die land beskikbaar.

– [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!