Nuwe minimumloon vir huishulpe goedgekeur
Nuwe minimumloon vir huishulpe goedgekeur

Nuwe minimumloon vir huishulpe goedgekeur

Die kabinet het onlangs oor huishulpe se inkomste beslis, wat ­vereistes oor werksure, oortyd, basiese werkstoestande, opleiding en vastetermynkontrakte insluit.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Werkgewers van voltydse huishulpe sal binnekort sowat N$150 méér per maand moet opdok nadat die kabinet onlangs 'n verhoogde minimumloon goedgekeur het. Dié minimumloon, asook ander vereistes, sal na verwagting vanjaar reeds van krag raak.

Dít volg nadat die Namibiese Lone­kommissie in April 'n hersiene loonopdrag vir huishulpe aan die minister van arbeid, nywerheidsbetrekkinge en werkskepping, mnr. Erkki ­Nghimtina, oorhandig het. Die minister het dit bestudeer en na die kabinet gestuur vir goedkeuring.

Sodra die nuwe vereistes van krag raak, sal huishulpe minstens N$1 502,05 per maand, N$346,89 per week of N$69,37 per dag betaal moet word.

'n Huishulp moet N$8,67 per uur betaal word. Dié loon sluit nie 'n toelaag vir openbare vervoer in nie.

Ander vereistes soos werksure, oortyd, basiese werkstoestande, opleiding, vastetermynkontrakte, standaarde vir akkommodasie vir huishulpe wat by werkgewers woon, asook inligting oor hoe dié lone afgedwing gaan word, sal nog bekend gemaak word. Die goedgekeurde loonopdrag moet nog in die Staatskoerant gepubliseer word.

Tydens die aanvanklike inhandiging van die loonopdrag het die voorsitter van die lonekommissie, dr. ­Libertine Amathila, gesê verskeie bronne is ­geraadpleeg voor die opdrag opgestel is – insluitende die Namibië Statistieke-agentskap, die arbeidswet en vorige loonopdragte.

Boonop is Suid-Afrikaanse wette en regulasies, asook internasionale wette vir behoorlike werkstoestande vir huishulpe bestudeer. Sy het gesê dit sal voor die einde van die jaar ­geïmplementeer word.

Dit volg op die eerste loonopdrag wat in April 2015 van krag geraak het waarvolgens 'n minimumloon van N$1 218 vir huishulpe ingestel is. In 2016 is dit na N$1 353 verhoog.

Toe het navorsing aangedui tot 45% van sowat 46 000 Namibiese huishulpe verdien minder as N$600 per maand.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!