Nuwe MLR-kontrak vir Adriaan Booysen
Nuwe MLR-kontrak vir Adriaan Booysen

Nuwe MLR-kontrak vir Adriaan Booysen

Rugby
Andrew Poolman
Andrew Poolman – ’n Derde seisoen as professionele speler in die VSA se Major League Rugby kom uiteindelik vir Adriaan Booysen op koers wanneer hy vanaand uit Windhoek vertrek.
Die 25-jarige Namibiese agtsteman sal hom by een van die nuutste franchises in die kompetisie aansluit, naamlik die Dallas Jackals.
Booysen het verlede jaar in sy tweede seisoen by die sukkelende Houston SaberCats in elk van hul 16 wedstryde gespeel (altesame 797 minute, volgens Itsrugby) en drie drieë gedruk.
Die SaberCats – nou onder die nuwe afrigtingspan van Heyneke Meyer en Pote Human – het die Namibiër egter tot verlede week nog aan ’n lyntjie gehou en nie ’n kontrak aangebied nie, maar hom ook nie vrystelling gegee om van ander aanbiedinge gebruik te maak nie.
Hierdie situasie is darem in die laaste dae beredder en Booysen kon sy handtekening aanbring om ’n kontrak met die Dallas Jackals te sluit.
Sy nuwe franchise sou reeds verlede jaar vir die eerste keer in die MLR meegeding het, maar dié debuut is vanweë logistieke uitdagings uitgestel tot die huidige seisoen, waarin die eerste twee naweke reeds gespeel is.
Die span van Texas het beide wedstryde sover verloor.
Booysen het gister aan die koerant gesê: “Die nuwe kontrak is nogal redelik vinnig afgehandel, maar ek is tevrede met die aanbod. Vir ’n span wat vir die eerste keer saamgestel word, het die Dallas Jackals nogal ’n heel professionele opset en hul sake is redelik agtermekaar. Hulle het ’n fantastiese stadion en ’n bekwame afrigterspan. Ek glo ek sal goed inskakel en ek voel reg vir die uitdaging.”
Die voormalige Namibiese o.18 Cravenweekkaptein van Elnatan Privaatskool op Stampriet sê hy is sedert die afhandeling van die vorige Amerikaanse seisoen in Augustus terug in sy geboorteland en het op sy eie geoefen om fiks te bly, asook ’n paar oefensessies saam met die Namibiese groep.
• Die Namibiese skrumskakel Damian Stevens is ook reeds terug by die New Orleans Gold, vir wie hy onder meer een van hul stelskoppers is, terwyl Cliven Loubser ook weer by die Utah Warriors aangesluit het, wat laas seisoen in die MLR se halfeindronde uitgeskakel is.
Loubser was verlede jaar met tye beseer, maar het wel speeltyd gekry – meestal as heelagter eerder as sy verkose posisie op losskakel.
Al drie die Namibiërs (lede van die 2019 Wêreldbekerspan en ook prominente aanspraakmakers vir die volgende veldtog na Frankryk 2023) se Amerikaanse franchisese het sover reeds hul eerste twee wedstryde van die nuwe seisoen verloor.
Vyf Namibiërs was in die vorige MLR-seisoen betrokke, maar die haker Obert Nortje is nie weer by die Seattle Seawolves gekontrakteer nie.
Die New Engeland Free Jacks se spelers se speler van die jaar, die agtsteman Wian Conradie, het intussen aanbeweeg om ’n aanbod van die Engelse premierligaklub Gloucester te aanvaar.
[email protected]

FOTO
Adriaan Booysen verruil die Houston SaberCats-trui vir dié van die ander Texas-span, die Dallas Jackals. Foto argief

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!