Nuwe museum kom vir Egipte
‘n Egiptiese werker op die bouterrein van die Groot Egiptiese Museum naby Kaïro. Honderde werkers en ingenieurs bou reeds sedert 2001 aan die nuwe museum wat aan die begin van 2018 moet open. Dit sal ‘n oppervlakte van ‘n halfmiljoen vierkante meter beslaan en kan 100 000 argeologiese skatte huisves. Met ‘n wankelrige ekonomie, ná jare van onrus en ‘n drastiese afname in toerismesyfers, sukkel Egipte om sy fabelagtige, argeologiese erfenis te bewaar. Foto Nampa/Xinhua
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie