Nuwe name vir Windhoekstrate
Maria Eiseb - Verskeie strate in die Namibiese hoofstad gaan nuwe name kry.
Dit volgens 'n stadsraadsverslag van die Windhoek-munisipaliteit waarin toestemming hiervoor gegee is.
Anna Mungundastraat in uitbreiding 2 van die Academia-woonbuurt sal na Nicodemus Kavikunua vernoem word, aangesien ’n straat in Katutura reeds na Mungunda vernoem is.
Klaagliedere- en Kroniekestraat in Katutura sal na biskop Asaria C. Kamburona hernoem word. Dit omdat die strate volgens die stadsraad na die Bybelse val van Jerusalem en die sonde van mense verwys. Die raad sê dit het 'n negatiewe uitwerking op die gemeenskappe wat almal na opheffing streef.
Biskop Kamburona was destyds ’n inwoner van Kroniekestraat en daarom sal albei strate na haar vernoem word
Dr. Kenneth Kaundastraat in die Freedom Square-woonbuurt in Katutura sal na Niilonga Priscilla Geingos hernoem word, aangesien daar reeds ’n straat in Klein Windhoek na Kaunda vernoem is.
Met die goedkeuring van die raad sal Bachstraat na die destydse Herero-opperhoof Kuaima Riruako hernoem word.
Die verslag het voorts aangedui Feldstraat sal ter ere van die destydse president van Botswana, na Sir Seretse Khama, hernoemword.
Die strate Tuin, Dans, Genesis, Bismarck en Delfos sal in die toekoms nuwe name kry, het die verlsag aangedui.
Die munisipaliteit soek ook dringend ’n straat in die hoofstad om na die vryheidsvegter wyle Winni Madikizela-Mandela te vernoem.
Volgens die komitee verantwoordelik vir die straatnaamhernoemings, is straatname nie net belangrik om rigting en woonadresse aan te dui nie, maar ook “ter ere van helde en heldinne”.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie