Nuwe normaal onder skoot
Regskenners het gister gewaarsku die jongste maatreëls om met Covid-19 om te gaan, sal nie die toets van die opperste wet van die land slaag nie.
Denver Kisting – Mnr. Richard Metcalfe, ’n plaaslike prokureur, sê die regulasies wat die minister van gesondheid en maatskaplike dienste, dr. Kalumbi Shangula, gister bekend gemaak het om Covid-19 tot 21 Oktober te bestuur, is ongrondwetlik.
Hy het gisteroggend by navraag gesê: “Hierdie regulasies is ’n sluwe voortsetting van die noodtoestand sonder enige insette van die Nasionale Vergadering (NV) of die Nasionale Raad (NR).”
Metcalfe sê voorts: “So, vir die afgelope sewe dae het ons Covid-19-syfers drasties afgeneem. Net mal honde en politici kan van Namibiërs verwag om te glo die skending van ons grondwetlike regte is in ons beste belang.”
Volgens hom het “’n hartseer dag” vir menseregte in Namibië aangebreek “in wat ’n land geword het op die punt van ’n mislukte staat. Die oppergesag van die reg in Namibië is besig om ’n stadige maar versekerde dood te sterf.”
SKEIDING VAN MAGTE
Die grondwetkenner en politieke ontleder, prof. Nico Horn, het gistermiddag gesê: “Die president (Hage Geingob) en die regering was een stap voor my. Sou hy ’n nuwe noodtoestand afkondig en die parlement dit goedkeur, sal die regering redeneer dat die spesiale regulasies grondwetlik is in die lig van die noodtoestand. Indien daar geen noodtoestand is nie, kan ’n mens redeneer die wet (op openbare en omgewingsgesondheid) is ’n skending van die leerstelling van skeiding van magte.”
Die regulasies wat gister bekend geword het, het ten doel om in die afwesigheid van ’n noodtoestand Namibiërs se gedrag te beheer.
Onder meer lui dit:
· Almal móét ’n masker in die openbaar dra.
· ’n Deursigte gesigskerm mag gedra word mits ’n masker ook gedra word.
· ’n Polisiebeampte wat iemand sonder ’n masker aantref, mag dié persoon beveel om een te dra of die openbare ruimte te verlaat.
· Openbare saamtrekke mag nie uit meer as 50 mense bestaan nie, behalwe
o Lede van ’n huishouding;
o Mense by hul werkplek;
o ’n Regeringsaamtrek op nasionale, streek en plaaslike vlak of die kabinet of die parlement tydens hul normale werksaamhede;
o Hof- of tribunaalsittings;
o Mense wat onafhanklik van mekaar en toevallig by ’n plek beland;
o Iemand wat ’n saamtrek reël moet ’n register van aanwesiges byhou.
Drankverkope:
· Mense wat drank vir wegneemdoeleindes verkoop, mag van Maandae tot Vrydae net tot 18:00 en Saterdae tot 13:00 handel dryf.
· Mense wat drank op hul sakeperseel mag verkoop, mag dit net tot saans om 22:00 doen.
· Geen drank mag op Sondae of op openbare vakansiedae verkoop word nie.
Toegang tot Namibië:
· Iemand wat nie ’n Namibiese burger is nie, nie oor permanente verblyfreg beskik nie, wie se domisilie nie Namibië is nie, nie deel is van mediese personeel wat vir die bestryding van die pandemie in die land benodig word nie, iemand wat nie ’n lid van ’n diplomatieke missie is nie, of ’n lewensmaat of kind van die vermelde kategorieë is nie, mag nie die land binnekom nie, behalwe:
o Iemand wat hierheen reis vir sake, opvoedkundige, gesondheids- of toerismedoeleindes onderworpe aan die bepalings van die wet op immigrasiebeheer.
Mense wat die land binnekom deur middel van die:
· Lug mag net van die Internasionale Lughawe Hosea Kutako of die Walvisbaai Internasionale Lughawe gebruik maak;
· Pad, see of spoorweg of te voet mag net van grensposte gebruik wat die minister van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit geoormerk het.
By aankoms moet mense wat die land mag binnekom:
· bewys lewer van negatiewe Covid-19-uitslae wat nie ouer as 7 dae is nie en
· deur ’n gesertifiseerde laboratorium in die land van herkoms uitgereik is.
· Mense wat die land mag binnekom, moet 14 dae voor hulle aankoms, op skrif die toepaslike Namibiese diplomatieke verteenwoordiger in hul land van herkoms inlig oor hul plan om Namibië toe te reis.
· Aan kwarantyn en Covid-19-toetsing onderwerp word. Kostes wat hiermee gepaard gaan, is vir hul eie sak behalwe Namibiese burgers wat studente of staatspasiënte is of gesondheidswerkers, diegene op humanitêre sendings of amptelike regeringsendings.
Openbare vervoer – teen en sonder betaling:
· Voertuie met plek vir vier mense mag net drie vervoer, insluitend die bestuurder.
· Dié met plek vir vyf mag net vier vervoer, insluitend die bestuurder.
· Dié met plek vir sewe mag ook nie meer as vier mense, insluitend die bestuurder, vervoer nie.
Covid-19-verwante sterftes en begrafnisse:
· Die begrafnis van enigiemand wie se dood aan die virus toegeskryf word, moet deur die staat behartig word.
· Net ’n gemagtigde mens (’n amptenaar van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste) mag toesig en beheer oor die oorskot hê.
· Die begrafnis moet binne 72 ná die sterfte geskied behalwe as dit onprakties is en dan moet dit binne ’n redelike tyd plaasvind.
· Die staat is net verantwoordelik vir ’n lyksak, maar familielede mag ’n kis verskaf.
· Familielede mag op eie onkoste op verassing besluit.
· Die liggaam moet in die naaste begraafplaas in die plaaslike owerheid waar die persoon dood is of waar Covid-19 as die rede vir die dood bevestig word, begrawe word.
· ’n Nadoodse ondersoek word net by uitsondering toegelaat.
· Net twee familielede mag die oorskot deur ’n glasvenster besigtig.
· Net tien roubeklaers word per begrafnis toegelaat – twee vyf meter weg van die graf en agt 50 m van die graf.
Enigiemand wat dié regulasies oortree, word deur ’n boete van N$100 000 en/of 10 jaar se gevangenisstraf in die gesig gestaar.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie