“Nuwe normaal” vir Inspirasie Tafels
Namibiërs brand om na “normaal” terug te keer, hoewel dié konsep gedurende die afgelope paar maande verander het.
Inspirasie Tafels se eerste Inspire Market word op 20 Junie met veiligheidsmaatreëls aangebied.
’n Verskeidenheid van gehalte- plaaslike produkte word vertoon en verkoop.
Plaaslike kleinhandelaars is erg deur die Covid-19-pandemie geraak en die inperking wat daarop gevolg het.
Dié mark, wat weekliks aangebied gaan word, is dus dalk die perfekte manier om ’n rustige Saterdag deur te bring en terselfdertyd ons plaaslike entrepreneurs te ondersteun.
“Ja, ons is ’n mark, maar dit word nie as ’n geleentheid beskou nie. Die mark word vanuit ’n kleinhandelperseel aangebied. Dié perseel laat ons soos enige ander besigheid toe om soos normaal aan te gaan terwyl ons Covid-maatreëls in ag neem en ons besoekers veilig hou. Ons het al die nodige toestemming en permitte. Kom ondersteun ons plaaslike entrepreneurs,” lui die verklaring op Facebook.
Jy kan vars proteas al die pad uit die Wes-Kaap, handgemaakte leerprodukte, smullekker eetgoed soos braaivleis, varsgebakte koekies en beskuit, sowel as ’n verskeidenheid vleisprodukte soos salami, landjäger, droëwors en biltong, handgemaakte juwele, kunsuitstallings, ’n geleentheid vir ’n minifotosessie en selfs ’n modeparade waar plaaslike modes vertoon word by die mark te wagte wees.
Die mark word by die ou kragstasie in die suidelike nywerheidsgebied in die hoofstad gehou. Die deure is vanaf 08:30 tot 14:00 oop. Ingangsfooie vir volwassenes is N$20 en is gratis vir kinders en pensioenarisse. Onthou: Geen masker, geen ingang!

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie