Nuwe oorgrensstelsel vir padvervoerders in werking
Ronelle Rademeyer - ‘n Nuwe oorgrensstelsel vir langafstandvervoerders, bekend as die Korridor-ritmoniteringstelsel (CTMS), het pas in werking getree.
Die oorhoofse doel daarvan is om gesentraliseerd rekord te hou van lorriedrywers se Covid-19-inligting en te monitor hoe ritte vorder. Verder fasiliteer dit veilige oorgrens-vervoerbedrywighede.
Die Walvisbaai-korridorgroep (WBCG) sê die CTMS-sagteware is by grensposte op die Trans-Kalahari-korridor en die Walvisbaai-Ndola-Lubumbashi-ontwikkelingskorridor geïnstalleer.
Die verwagting is dié nuwe stelsel sal deur die koördinering en sentralisering van inligting oorgrens-vragvervoer in die streek gladder laat verloop.
Dit integreer toetslaboratoriums en gesondheidsdiensverskaffers om toetsresultate en inentingsinligting elektronies by grensposte beskikbaar te stel. Verder verskaf dit digitale sertifisering van toetse en inentings.
Alle vervoerders wat op langs hierdie roetes werk, is Vrydag versoek om op die stelsel te registreer.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie