Nuwe operasie teen misdaad skop af
Die Namibiese polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, het gisteroggend (Woensdag) ‘n nuwe gesamentlike misdaadvoorkomingsoperasie, bekend as Operasie Namibwoestyn, van stapel gestuur.
Dit sal tot 28 Mei duur.
Die operasie onder aanvoering van die polisie, sal in samewerking met die weermag, korrektiewe dienste, Windhoek se stadspolisie en ander agentskappe gedoen word.
Hy het benadruk Namibië sal nie toelaat dat misdaad toeneem nie en sal dit “genadeloos” beveg.
Ndeitunga het ‘n opsomming gegee van die suksesse wat behaal is tydens die sewe fases van Operasie Kalahariwoestyn, die misdaadvoorkomingsoperasie wat die nuwe een vooraf gegaan het.
Altesaam 3 566 mense is vir moord, poging tot moord, ernstige aanranding, dwelmhandel, die onwettige besit van wildleweprodukte en huisbraak en diefstal in hegtenis geneem. ‘n Verdere 2 628 mense is op ander, geringer klagtes gearresteer, wat die totaal op 6 194 te staan bring.
Altesaam 27 339 mense het ook verkeersoortredings begaan, terwyl 744 stuks gesteelde vee teruggevind is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie