Nuwe organisasie fokus op LGBTI-regte
Nuwe organisasie fokus op LGBTI-regte

Nuwe organisasie fokus op LGBTI-regte

Henriette Lamprecht
''n Nie-regeringsorganisasie Rural Out (Rural Dialogue Namibia) is in die lewe geroep om ''n veilige en vreedsame gemeenskap vir lede van die LGBTI-gemeenskappe (lesbies, gay, bi-seksueel, transgender, interseks) in landelike gebiede te skep. Volgens die organisasie se waarnemende direkteur, mnr. Clemans Miyanicwe, wil Rural Out "samewerking en kommunikasie tussen die LGBTI- en heteroseksuele gemeenskappe sonder stigma, geweld of diskriminasie" skep.
Volgens Miyanicwe het dit voorts ten doel om ''n leidende platform vir dialoog in landelike gebiede te skep om bewustheid te skep oor sake wat eens as taboe beskou is. Streke waarop die organisasie sal fokus, sluit Kunene, Otjozunjupa, Erongo, Zambezi, Kavango-Wes-, Omaheke, Kavango-Oos, Ohangwena, Oshana en Oshikoto in.
Die organisasie beplan besoeke aan landelike gebiede sowel as besprekings met plaaslike gemeenskappe oor enige LGBTI-kwessies wat hulle raak. Hulp sal voorts aan die LGBTI-gemeenskap verleen word om onder meer by die Namibiese Onderwyskollege (Namcol) in te skryf of as studente by geletterdheidsklasse en kursusse in te val wat hul werksmoontlikhede kan uitbrei. Doelwitte van Rural Out sluit voorts psigososiale berading en regshervorming in. Volgens Miyanicwe gaan dit voorts ''n klein onderneming registreer wat op onder meer spyseniering en die skoonmaak van huise fokus.
"Die projek sal LGBTI-gemeenskappe in staat stel om belangrike sakevaardighede aan te leer.
Die nie-regeringsorganisasie word op 5 November amptelik met die eerste optog in die platteland en wel op Khorixas bekend gestel. Op 4 November word ''n skoonheidskompetisie, Mej. Quen, gehou wat na die transgender-aktivis Quen Garaj vernoem is wat vroeër vanjaar dood is. Meer inligting hieroor is op die Facebookblad Rural Dialogue Na beskikbaar. Die kompetisie word voorafgegaan deur ''n nagwaak en gedenkdiens vir ontslape LGBTI-lede. Vir meer inligting kan Miyanicwe by 081 347 6494 gekontak word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!