‘Nuwe’ Psemas in 2018?
Die staat se mediese fonds, Psemas, was die afgelope jaar opnuut aan die negatiewe kant van beriggewing met van eise wat laat of glad nie betaal word nie, tot ’n nuwe kontrak met diensverskaffers wat maar net nie uit die blokke wou kom nie.
'n Knelpunt in die hersiene kontrak was dat beide ’n professionele persoon (byvoorbeeld ’n dokter) sowel as die geriewe (spreekkamer) waar hy praktiseer, ’n praktyknommer moet hê. ’n Waarskuwing was dat die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) nie die kapasiteit het om die toestroming van verpligte registrasies en verwerking van aansoekvorms wat uit tot 25 bladsye bestaan, te verwerk nie.
Die onus om teen 1 April gereed te wees wanneer die hersiene Psemas-kontrak uiteindelik sy verskyning maak, rus egter op die skouers van dié diensverskaffers wat wel by Psemas ingekontrakteer is.
Die ministerie van finansies het in November vanjaar in ’n brief aan diensverskaffers laat weet die huidige kontrak is tot 31 Maart aanstaande jaar verleng. Volgens die ministerie is die verlengde tydperk juis om verskaffers genoegsame tyd te gun om hul registrasies by Namaf betyds af te handel.
Namaf se beperkte kapasiteit om almal gelyk te registreer, veroorsaak dat die registrasieproses tans reeds drie weke duur om te verwerk. Namaf se deure vir die vakansieseisoen is ook tot 8 Januarie toe.
Die nuwe kontrak sloer reeds vir maande en sou aanvanklik in November vanjaar in werking tree. Mag die hoop nie beskaam vir diensverskaffers en pasiënte om in die nuwe jaar ’n Psemas te kry wat hul verdiende reg is nie.
Só sê ander: 17 Desember 2017
The Tax Bill That Inequality Created
Most Americans know that the Republican tax bill will widen economic inequality by lavishing breaks on corporations and the wealthy while taking benefits away from the poor and the middle class. What many may not realize is that growing inequality helped create the bill in the first place.As a smaller and smaller group of people cornered an ever-larger share of the nation’s wealth, so too did they gain an ever-larger share of political power. They became, in effect, kingmakers; the tax bill is a natural consequence of their long effort to bend American politics to serve their interests. As things stand now, the top 1 percent of the population by wealth — the group that would primarily benefit from the tax bill — controls nearly 40 percent of the country’s wealth. - The New York Times

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie