Nuwe raadslede vir Otjozondjupa ingesweer
Die streekraadslede van dié streek is Woensdag ingesweer en drie lede is verkies om die streek in die Nasionale Raad te verteenwoordig.
Ester Kamati op Otjiwarongo
Met die landswye streekraad- en plaaslike owerheidsverkiesings wat onlangs tot 'n einde gekom het, is sewe kiesafdelingraadslede van die Otjozondjupastreek Woensdag ingesweer.
Hulle is me. Maralyn Mbakera, die Otjiwarongo-raadslid, mnre. Israel Hukura van die Omatako-kiesafdeling, Elder Filipe van Grootfontein, Bethuel Tjaveondja vir die Okahandja-kiesafdeling, George Garab van Otavi, Ramana Mutjivikua van Okakarara en die kandidaat vir die Tsumkwe-kiesafdeling, Johannes Hausiku.
In die teenwoordigheid van partyondersteuners, die media en regeringsamptenare, insluitend die goewerneur van die streek, mnr. James Uerikua, is hulle deur landdros Ivette Fredericks ingesweer en het 'n eed afgelê om hul pligte nougeset en na die beste van hul vermoë uit te voer.
Vyf uit die sewe raadslede is lede van die regerende party, terwyl slegs twee uit opposisiegeledere kom.
Uerikua het gesê die nuwe raadslede verteenwoordig nou hul kiesafdelings en nie 'n politieke party nie.
Hy het gesê raadslede moet voldoen aan die verwagtinge wat hulle geskep het, in ooreenstemming met die mandaat van die streekraad.
BESTUURSKOMITEE
Mbakera is tydens dieselfde seremonie as die voorsitter van die bestuurskomitee verkies, wat haar ook die voorsitter van die raad maak.
Sy het in haar aanvaardingstoespraak belowe om op te tree volgens die behoeftes van die gemeenskap.
Ander lede van die bestuurskomitee is mnre. Johannes Hausiku en Israel Hukura.
By dieselfde geleentheid is Tjaveondja, Garab en Filipe as lede van die Nasionale Raad verkies.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie