Nuwe regsman vir vermeende moordenaar
Nuwe regsman vir vermeende moordenaar

Nuwe regsman vir vermeende moordenaar

Beskuldigde weer in hof
Jacqueline Louw
Die vrou van Gobabis wat daarvan beskuldig word dat sy haar minnaar gevra het om haar man te vermoor, het ’n nuwe prokureur. Me. Rachel Elizabeth Rittmann en mnr. Milton Engelbrecht, haar vorige prokureur wat deur die regering voorsien is, se weë het op 23 Junie 2016 geskei. Rittman beweer botsende belange het tussen Engelbrecht, haarself en die polisie se ondersoekbeamptes voorgekom.Rittmann het verlede week voor regter Christie Liebenberg tydens ’n voorverhoor-konferensie in die hoërhof verskyn, waar sy ingelig is dat die regshulpraad ’n nuwe prokureur, mnr. Hipura Ujaha, opdrag gegee het om haar te verdedig. Ujaha het sy aanstelling voor die hofverrigtinge bevestig en ook genoem dat hy sy kliënt dié dag vir die eerste keer ontmoet het.Die verhoor is tot 17 November 2016 uitgestel vir ’n volgende voorverhoor-konferensie en om Ujaha die geleentheid te bied om met sy kliënt te konsulteer.Die 45-jarige Rittmann is saam met haar beweerde minnaar, die 32-jarige mnr. Ryno Ricardo du Preez, beskuldigdes in die moordsaak.Die twee aangeklaagdes staan elk tereg op een klag van moord op die 35-jarige Rudolf Rittmann. Die oorledene se verbrande oorskot is ’n paar dae ná die beweerde moord in sy motor langs die Gobabis-Windhoek-pad gevind. Volgens die klagstaat het die Rittmann-paartjie huweliks­probleme gehad wat gedurende 2012 en 2013 dikwels tot tydelike skeidings gelei het.Rittmann en Du Preez het vermoedelik saamgesweer en saamgewerk om Rudolf te vermoor. Die motief vir die moord was blykbaar om ’n erf­lating te bekom. Na bewering het Rittmann haar man op 23 Augustus ongeïdentifiseerde pille laat sluk deur dit in ’n drankie te meng waarna hy lomerig geraak het. Sy het na bewering­ vir Du Preez gebel om Rudolf dood te maak. Die polisie beweer Rudolf is 20 keer met ’n skerp voorwerp gesteek terwyl hy in ’n verwarde toestand op sy bed gelê het.Ná die aanval het die twee beskuldigdes die lyk na bewering in die oor­ledene se motor gelaai en na die Kappsfarm-gebied oos van Windhoek gery waar die voertuig ’n paar kilometer van die polisieblokkade gevind is. Hulle het blykbaar die motor aan die brand gesteek om hul spore uit te wis.Rittmann is in aanhouding by die Klein Windhoek-polisiekantoor en Du Preez is in die Windhoek Sentrale­ gevangenis. Adjunk-aanklaer-generaal Antonia Verhoef tree vir die staat op.- Nampa

Kommentaar

Republikein 2024-11-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 34° Rundu: 21° | 36° Eenhana: 24° | 37° Oshakati: 24° | 35° Ruacana: 22° | 37° Tsumeb: 22° | 35° Otjiwarongo: 21° | 32° Omaruru: 21° | 36° Windhoek: 21° | 31° Gobabis: 22° | 33° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 17° Walvis Bay: 14° | 22° Rehoboth: 22° | 34° Mariental: 23° | 37° Keetmanshoop: 20° | 37° Aranos: 24° | 37° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 36° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 19° | 35° Lubumbashi: 17° | 33° Mbabane: 17° | 34° Maseru: 17° | 32° Antananarivo: 17° | 30° Lilongwe: 22° | 32° Maputo: 21° | 35° Windhoek: 21° | 31° Cape Town: 16° | 21° Durban: 21° | 28° Johannesburg: 19° | 30° Dar es Salaam: 25° | 32° Lusaka: 20° | 31° Harare: 19° | 32° #REF! #REF!