Nuwe regter vir Fishrot-saak

Saak tot 3 Februarie uitgestel
Kristien Kruger
Kristien Kruger – Die Fishrot-korrupsiesaak is amptelik aan waarnemende regter Kobus Miller toegewys om te behartig.

Die nege beskuldigdes het gister in die hoërhof in Windhoek voor regter Christie Liebenberg verskyn vir voorverhoorverrigtinge, maar Liebenberg het die saak tot 3 Februarie uitgestel sodat Miller die saak verder kan bestuur.

“Dis 'n opdrag van die regterpresident. Miller sal die saak verder bestuur totdat dit gereed is vir die verhoor,” het Liebenberg gesê.

Volgens mnr. Trevor Brockerhoff, regsverteenwoordiger van mnr. Ricardo Gustavo aan wie borgtog onlangs toegestaan is, sal hulle 'n aansoek indien vir die regter om homself van die saak te onttrek.

“Miller was betrokke by 'n vorige aansoek om borgtog van een van die beskuldigdes in hierdie einste hof. Hy het reeds sekere bevindinge gemaak op grond van die beskikbare bewyse,” het Brockerhoff aan Liebenberg gesê.

Die beskuldigdes sal op 3 Februarie vir voorverhoor voor Miller in die hof verskyn.

Die beskuldigdes sal wel op 26 Januarie weer voor regter Orben Sibeya in die hoërhof in Windhoek verskyn vir aanklaer-generaal Martha Imalwa se aansoek van artikel 25 van die Wet op die Voorkoming van Georganiseerde Misdaad 29 van 2004 (Poca) vir 'n eiendomsbeperkingsbevel oor die beskuldigdes en die maat­skappye wat hulle besit, se bates.

Gustavo is die enigste Fishrotter wat vry is op borg en hy is vriendelik gegroet en omhels toe hy sy plek langs sy medebeskuldigdes, wat sedert hul inhegtenisneming in aanhouding is, in die getuienisbank ingeneem het.

Mnre. Sacky Shanghala, James Hatuikulipi, Otneel Shuudifonya, Mike Nghipunya, Pius Mwatelulo en Phillipus Mwapopi sal op 24 Januarie weer in die hof verskyn vir hul aansoek om borgtog wat voor regter Shafimana Uietele gehoor word.

Nigel van Wyk het in November sy formele aansoek om borgtog teruggetrek en mnr. Bernard Esau en sy skoonseun, Tamson (Fitty) Hatuikulipi, is borgtog geweier.

[email protected]

FOTO’s Kristien Kruger
Die Fishrot-beskuldigdes het gister in die hoërhof in Windhoek verskyn en hul saak is tot 3 Februarie uitgestel vir voorverhoof.

Kommentaar

Republikein 2024-09-25

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest LaLiga: Real Madrid 3 vs 2 Deportivo Alaves | Valencia 0 vs 0 Osasuna | Sevilla 2 vs 1 Real Valladolid | Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés SerieA: Atalanta 2 vs 3 Como | Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers #N/A Currency: GBP to NAD 22.95 | EUR to NAD 19.21 | CNY to NAD 2.45 | USD to NAD 17.27 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.9 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.12 | USD to EGP 48.5 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.27 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1889.62 Up +2.40% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14282.71 Up +0.63% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31250.64 Up +1.23% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 660.65/OZ UP +0.09% | Copper US$ 4.46/lb DOWN -0.0097 | Zinc US$ 3 007.30/T DOWN 0% | Brent Crude Oil US$ 73.64/BBP DOWN -0.021 | Platinum US$ 987.27/OZ DOWN -0.0011 #N/A