Nuwe regter vir Teko-trio se bedrogverhoor
’n Nuwe regter is aangestel vir die verhoor van twee Namibiërs en ’n Chinese burger wat in 2009 in hegtenis geneem is in verband met beweerde bedrog van N$120 miljoen by die ministerie van finansies.
Die drie is die Namibiërs mnre. Teckla Lameck en Jerobeam Mokaxwa, en die Chinese burger mnr. Yang Fan.
Ná ’n bevel van die hooggeregshof verlede maand dat waarnemende regter Maphios Cheda van die verhoor verskoon moet word, sal die verhoor nou opnuut in die hoërhof in Windhoek voor regter Christie Liebenberg begin.
Liebenberg het Donderdag die beskuldigdes gedurende ’n voorverhoor-konferensie ingelig dat hy die saak gaan verhoor.
Hy het die beskuldigdes verder meegedeel dat hy op 27 Julie met die prokureurs, mnre. Sisa Namandje, Kadhila Amoomo sowel as die staatsadvokaat mnr. Dominic Lisulo sal vergader om ’n nuwe datum vir die verhoor vas te stel.
Hoofregter Petrus Damaseb, met appèlregters Elton Hoff en Dave Smuts wat saamgestem het, het die onttrekking van Cheda aan die verhoor beveel.
Die saak is na die hoërhof in Windhoek terugverwys sodat die verhoor van nuuts af voor ’n ander regter kan begin.
Damaseb, in ooreenstemming met die ander twee regters, het gesê die appellante se vrees vir bevooroordeeldheid is redelik en hierdie vrees is op redelike gronde gebaseer.
Cheda het die trio se aansoek vir sy onttrekking aan die verhoor op 14 November 2014 van die hand gewys, waarna Namandje die saak na die hooggeregshof geneem het.
Al drie beskuldigdes staan tereg op 18 klagte van bedrog.
Lameck, ’n voormalige staatsdienskommissielid, Mokaxwa, Lameck se sakevennoot in Teko Trading, en Yang het onskuldig gepleit op al 18 klagte van bedrog teen hulle aan die begin van hul verhoor in April 2014.
Die twee Namibiërs is vrygelaat op borgtog van N$50 000 elk, terwyl Yang op borgtog van N$1 miljoen uit is.
Hulle is op 8 en 9 Julie 2009 deur amptenare van die Teenkorrupsiekommissie (ACC) in hegtenis geneem in verband met ’n vermeende bedrogspul waarin die ministerie van finansies sekuriteitskanderingstoerusting by ’n Chinese maatskappy gekoop het. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie