Nuwe regulasies moet varswatervis red
Die Namibië Natuurfonds sê nuwe regulasies kan ’n groot verskil in kwynende visgetalle in die Zambezi-, Kwando- en Okavangorivier maak.
Elvira Hattingh - Danksy drie nuwe regulasies wat onlangs in die Staatskoerant gepubliseer is, is die gebruik van monofilamentnette vir binnelandse hengel voortaan onwettig.
Daarbenewens sal die verklaring van nóg bewaringsgebiede visse voorts ’n broeitydperk gegun word.
Dit volg nadat navorsing getoon het visgetalle in die Zambezi-, Kwando- en Okavangorivier het oor die afgelope vyf jaar met tot 90% gedaal en dat Namibië se visbronne in riviere in ’n ernstige krisis verkeer.
Die oorsake hiervan sluit glo in: Die vang van visse met monofilament- en sleepnette, ’n gebrek aan kapasiteit om die 4 000 vierkante kilometer te polisieer en die ontwikkeling van ’n winsgewende uitvoermark in die Kongo.
DRIE REGULASIES
Gevolglik is drie onderskeie regulasies vir die beskerming van Namibië se varswatervis in Desember in die Staatskoerant deur die ministerie van visserye en mariene hulpbronne gepubliseer.
Daarvolgens is die gebruik van skadelike nette voorts verban en die Kasaya-kanaal asook die Zambezi-Chobe-rivierstelsel as ’n visbewaringsgebied verklaar.
Vir laasgenoemde gebied geld ’n jaarlikse geslote seisoen vanaf 1 Desember tot 28 Februarie. In Februarie mag geen hengelaktiwiteite hier plaasvind nie alhoewel ontspanningshengel, wat die vang en vrylating van vis insluit, nog in Desember en Januarie toegelaat word sodat lodges en gemeenskappe steeds voordeel uit toerisme kan trek.
Die geslote seisoen stem ooreen met dié van Zambië, wat groter beskerming aan die visse bied en die afdwing daarvan makliker maak.
GROOT POTENSIAAL
Volgens ’n mediaverklaring van die Namibië Natuurfonds (NNF) kan die verbod op monofilamentnette - indien na behore toegepas - op sy eie reeds ’n groot positiewe uitwerking op varswatervisse en die wildlewe hê.
“Tweedens beteken die verklaring van die Kasaya-kanaal tot ’n bewaringsgebied – die hele deel van waar dit die Zambezirivier verlaat tot waar dit in die Choberivier uitloop – dat die Sikunga-bewaringsgebied vir visse versterk word. As hierdie regulasies afgedwing kan word, het dit die potensiaal om die bestuur van binnelandse visserye drasties te verbeter,” lui die NNF-verklaring.
“Die riviere in die Noordooste is baie kwesbaar wat betref uitbuiting en oormatige hengelary – wat gebeur het omdat beheer nie toegepas is nie en weens die kommersialisering van die bron. Dit het tot kwynende visgetalle en die bedreiging van gemeenskappe se voortbestaan gelei.
“Boonop deel Namibië sy permanente riviere met buurlande, wat eenvormige beheer moeilik maak.
“Een van die grootste redes vir die kwynende visgetalle was die oorskakeling na skadelike nette wat meer doeltreffend met vangste, goedkoper en minder duursaam was. Gevolglik word dit vinnig weggegooi en raak voëls en ander diere dikwels daarin verstrengel."
Volgens NNF-navorsing is daar ’n direkte verband tussen die gebruik van monofilamentnettte en die ineenstorting van visbevolkings.
“Deur middel van volhoubare hengelary kan binnelandse vangste tot 5 000 ton hoëgehalte-proteïen bied,” sê die NNF.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie