Nuwe rekord op JSE opgestel
R64,3 miljard verhandel
Nellie Brand-Jonker
Die JSE sê verlede Donderdag – wat die laaste dag was waarop SABMiller in die indeks van Top40-aandele en ander indekse ingesluit was – was ’n nuwe rekord wat betref die waarde van aandele wat verhandel is.
Donderdag het die waarde van die aandele wat verhandel is R64,3 miljard beloop.
Dit is hoër as die vorige hoogtepunt in Maart, toe R61,4 miljard se aandele verhandel het.
SABMiller het Donderdag sy swanesang op die JSE gehad en dit was die laaste dag waarop sy aandele verhandel kon word.
SABMiller denoteer op vandag van die JSE en die Londense aandelebeurs, maar die verhandeling van aandele in Johannesburg is sedert Donderdagaand opgeskort.
Aandeelhouers het die vorige dag oorweldigend ten gunste van die verkryging van die Suid-Afrikaanse bierreus deur Anheuser-Busch InBev gestem, wat die einde van SABMiller as ’n maatskappy en handelsnaam beteken.
Indeksvolgfondse en effektetrusts het die aandele wat hulle hou, herskik op grond van hoe die indekse verander.
Die gewigte van die aandele in die indeks het redelik verander. Naspers is byvoorbeeld nou baie groter in die Top40- en die nywerheidsindeks.
Om ’n idee te kry van hoe groot die bedrag aandele is wat verhandel het: Die vorige twee dae is elke dag sowat R23 miljard se aandele verhandel.
Die JSE se inligting toon Donderdag het die grootste bedrag van verhandeling van Aspen Pharmacare gekom.
Aspen se aandeelprys het met 1,8% tot R311 gedaal nadat die internasionale farmaseutiese maatskappy GlaxoSmithKline sy oorblywende belang in Aspen verkoop het. Die aandele wat hy verkoop het, is 28,2 miljoen of 6,2% van Aspen se uitgereikte aandele.
Op dié dag het 57 miljoen Aspen-aandele verhandel.
Die tweede grootse bedrag wat verhandel het, was in SABMiller se aandele waarvan R12,6 miljard se aandele verhandel het.
Dit is gevolg deur Naspers waarvan die aandele wat verhandel is R4,8 miljard beloop het.
In Steinhoff het R1,7 miljard se aandele verhandel.
Die ander groot verhandelings wat gesien is met betrekking tot waarde was vir Sasol, Anglo, BHP Billiton, Richemont, Impala en MTN.
Impala het in die indeks van Top40-aandele ingeskuif nadat SABMiller uit die indeks gehaal is.
Al die ander is onder die tien grootste aandele op die Top40-indeks. Hul gewigte het ook verander.
In Maart het ’n groter volume aandele (639,9 miljoen) verhandel as Donderdag (500,7 miljoen).
Leanne Parsons, hoof van inligtingsdienste van die JSE, sê in ’n verklaring die JSE het vroeër verlede week dit moontlik gemaak dat ’n groot blok aandele kan verhandel.
Dit laat groot instellings toe om vinniger en met groter gemak aandele te verhandel. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie