Nuwe rekord vir Agra-speenkalfkompetisie
Nuwe rekord vir Agra-speenkalfkompetisie

Nuwe rekord vir Agra-speenkalfkompetisie

Uitstekende speenkalfpryse lei tot ‘n groot aanbod op plaaslike veilings. Soveel só dat ‘n nuwe rekord Vrydag opgestel is.
Elvira Hattingh
Elvira Hattingh - Agra se sewende speenkalfkompetisie het Vrydag op ‘n hoë noot begin toe ‘n rekordaantal speenkalwers op ‘n Gobabis-veiling van die hand gesit is.

Tydens die veiling is altesaam 3 277 beeste teen ‘n gemiddelde prys van N$30,36 per kg verkoop. Dit is ‘n nuwe rekord sedert daar laasjaar 3 019 beeste op ‘n Agra-speenkalfveiling op Otjiwarongo verkoop is.

Altesaam 1 767 tollies is Vrydag teen ‘n gemiddelde prys van N$ 31,55 per kg verkoop, terwyl 657 verse teen ‘n gemiddelde prys van N$ 27,97 per kg verkoop het.

Agra het in ‘n persverklaring gister gesê dit is ‘n mylpaal om soveel vee by die Gobabis-veiling te kon opveil. Hiervolgens is die laaste bod om 15:00 geneem – al was daar soveel beeste om op te veil.

Die volgende speenkalfveiling vind môre op Grootfontein plaas, waarna nog vyftien veilings tot 11 September oraloor Namibië gehou sal word. Dit sluitplekke soos Outjo, Otjiwarongo, Windhoek, Rehoboth, Keetmanshoop en Nina in.

Agra se jaarlikse nasionale speenkalfkampioenskappe het ‘n hoogtepunt op die veilingkalender geword. Teen die einde van hierdie seisoen word streekswenners asook ‘n nasionale kampioen tydens ‘n gala-geleentheid in Windhoek gekroon.

Deur die kompetisie word erkenning gegee aan produsente wat goeie gehalte diere produseer en goeie boerderypraktyke handhaaf. Dit word jaarliks tussen Julie en September aangebied en produsente skryf pakkies van 12 beeste in.

Ander beoordelingskriteria vir die kompetisie sluit in dat die beeste eenvormig in tipe, gewig, kondisie, groeipotensiaal en bespiering moet wees. Speenkalwers moet ideaal ook tussen 220 kg en 260 kg weeg, om maksimum punte te kry.

SPEENKALFPRYSE BLY HOOG

Agra het vroër vanjaar in ‘n persverklaring gesê die gemidelde prys vir tollies in Junie 2016 het op 'n laagtepunt van N$15,70 per kg gestaan. Teen Januarie vanjaar het dit tot N$36,94 per kg gestyg.

Die N$31,55 wat die afgelope Vrydag op Gobabis vir tollies betaal is, is steeds meer as dubbeld die prys van Junie 2016.

Dienooreenkomstig toon data, wat deur die Vereniging vir Lewendehawe-agente en -vervoerders (Labta) bygehou word, dat nasionale gemiddelde veilingpryse van alle Namibiese agentskappe vir beeste sedert Junie 2017 sterk styg.

Nasionale syfers dui aan dat, met die uitsondering van Augustus 2017, die gemiddelde prys per kilogram sedert September verlede jaar nie een keer onder N$31,23 gedaal nie.

Die Vleisraad van Namibië het in hul nuusbrief van 22 Junie gesê tot dusver vanjaar is sowat 37% meer speenkalwers uitgevoer as die vyfjaargemiddeld van 92 345 vir Juniemaand. Die sterk uitvoere word gedryf deur goeie pryse wat tans vir speenkalwers op veilings betaal word.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!