Nuwe rybewyse is hier
Augetto Graig – Die minister van werke en vervoer, mnr. John Mutorwa, het verlede week amptelik Namibië se nuwe bestuurderslisensiekaarte by die Safari Hotel in die hoofstad bekend gestel.
“Vandag is inderdaad ’n trotse dag vir Namibië aangesien ons die voortou in SADC neem met die bekendstelling van hierdie nuwe rybewyskaarte,” het hy Donderdag gesê.
“Soos ons Namibië se nuwe rybewys bekend stel, wil ek graag alle gelisensieerde bestuurders waarsku dat ’n lisensie groot verantwoordelikheid op jou plaas. Hou ons paaie veilig deur ’n goeie houding en gedrag te toon. Dit moet aan alle padgebruikers, spesifiek bestuurders, duidelik wees die verkryging van ’n rybewys is ’n voorreg, en nie 'n grondwetlike reg nie. Herhaalde swak gedrag kan tot die opskorting van hierdie voorreg lei,” het die minister gesê.
Volgens hom het Namibië in 2003 die eerste bestuurderslisensies in die vorm van plastiekkaarte aangeneem, en dit het die ou groen papierlisensies vervang.
Die nuwe kaarte is die derde weergawe en sluit veiligheidskenmerke soos onder meer ’n outomatiese biometriese inligtingstelsel, ’n gesigsherkenningstelsel, en stelstels vir verbeterde vingerafdrukherkenning en kaartproduksiegeriewe in.
“Dis belangrik om daarop te let dat die voorkoms en gevoel van die ou rybewyskaart behou is, om te verseker ons plaaslike wetstoepassers raak vertroud met die nuwe Namibiese rybewys,” sê hy.
Mutorwa doen ook ’n beroep op voertuigeienaars om te verseker hul voertuie word gelisensieer en is padwaardig.
Hy het gesê beamptes is gevang wat rybewyse en padwaardigheidsertifikate onwettig verkoop het.
“Hierdie skandelike dade het noodlottige gevolge en ek wil graag ’n beroep doen op diegene wat hulself skuldig maak aan hierdie dade, om dadelik te stop of julle sal met die lang arm van die gereg te doen kry,” sê hy.
By dieselfde geleentheid het mnr. Conrad Lutombi, uitvoerende hoof van die Paaieowerheid (RA), gesê: “Hierdie nuwe kaart voldoen 100% aan die nuwe Internasionale Standaardorganisasie (ISO) se vereistes en die Afrika-drieparty-vervoer en -transitofasilitering.”
Volgens hom sal die biometriese stelsel verseker dat slegs die persoon wat die toets slaag sy kaart kan afhaal.
Polisiebeamptes sal toerusting ontvang om die geldigheid van rybewyse te kan nagaan en die kaart word aan die RA-stelsel gekoppel om inligting soos uitstaande verkeersboetes vinnig op te spoor.
“Verlede jaar het die RA groot vertragings in die uitreiking van rybewyse ondervind. Die drukproses was lank en ons het ’n tekort aan drukmateriaal ervaar. Om die kwessies hok te slaan, het ons nuwe toerusting aangekoop wat die drukproses vinniger maak en ons het ’n strategie om te verseker dat ons te alle tye voldoende drukmateriaal het om vertragings te vermy,” sê hy.
Daarmee saam word druktyd vir nuwe kaarte tot tien werksdae verminder, en kliënte hoef nie meer ses weke vir ’n rybewys te wag nie, sê hy.
Die RA beplan om ook aanlyn hernuwing van voertuiglisensies teen die einde van die maand te bewerkstellig.
Mobiele dienssentrums sal ontplooi word en ’n elektroniese stelsel om wagtyd te verminder, sê hy.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie