Nuwe skoolstelsel beteken nie noodwendig meer, beter studente
'n Skoolhoof het sy bedenkinge oor of skoolverlaters op 17 volwasse genoeg vir universiteit gaan wees.
Dani Booysen
In 2021 kan innames by plaaslike universiteite weens die nuwe bedeling in senior sekondêre onderwys aansienlik toeneem.
In 2020 kan daar prakties tot dubbel soveel skoolverlaters met die nuwe Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Gewone Vlak (NSSCO) as gewoonlik wees.
Vanjaar se graad 10's is die eerste groep wat die nuwe twee jaar lange leerplan sal volg. Hulle kan in 2021 universiteit toe gaan as hulle nie die nuwe Namibiese Senior Sekondêre Sertifikaat op Gevorderde Aanvullende Vlak (NSSCAS) wil volg nie.
'n Skoolhoof het bedenkinge of hierdie skoolverlaters op die ouderdom van 17 jaar volwasse en lewenswys genoeg vir universiteit gaan wees.
Volgens dr. Patrick Simalumba, van die Nasionale Instituut vir Opvoedkundige Ontwikkeling (Nied), was tersiêre instellings van die begin af deel van gesprekke oor verandering.
“Hulle is opgewonde, veral as die stelsel groter getalle gegradueerdes sal lewer,” het hy by navraag gesê.
Simalumba sê baie bykomende oorbruggingskursusse op universiteit sal nie nodig wees nie. Sulke kursusse sal ekstra uitgawes skep.
Maar dr. Tjama Tjivikua, visekanselier van die Namibië Universiteit vir Wetenskap en Tegnologie (Nust), deel nie die opgewondenheid nie.
“Verandering is altyd goed, maar dit bring sy eie uitdagings,” het Tjivikua in Desember aan Republikein gesê.
“Die vraag is hoe ons dit gaan hanteer en of ons gereed is. Dikwels word beleid verander sonder dat ons gereed is.
Die swakker uitslae vir graad 10 in 2018 is volgens Tjivikua glad nie bemoedigend nie.
“Die prentjie is nie anders as waaraan ons gewoond is nie,” voer hy aan.
“Dit is 'n nagmerrie en is elke jaar dieselfde. Daar is geen vername verbetering in uitsette nie,” sê hy.
Tjivikua kan nie sien dat die nuwe NSSCO-leerplan vir graad 10 en 11 sake gaan omkeer nie.
“Daar is steeds 'n gaping. Engels is 'n probleem en baie min skoolverlaters kry C-simbole vir Engels en wiskunde. Dit is die fondament van 'n goeie universiteit en samelewing,” benadruk hy.
Graad 12's wat slaag, sukkel daarom volgens Tjivikua op universiteit.
“Ek verwag dit gaan dieselfde wees. Ons gaan nie noodwendig meer of beter studente kry nie.”
'n Belangrike aspek van die nuwe bedeling is in beginsel volgens Tjivikua dat meer skoolverlaters ook tegniese beroepsonderrig moet volg. “Dit is 'n ope vraag of die geriewe en hulpbronne hiervoor bestaan. Ek dink nie so nie,” sê hy.
'geld nog altyd 'n probleem'
Groter getalle studente sal meer staatsfinansiering benodig.
“Geld is nog altyd 'n probleem – selfs met 'n beperkte aantal studente. Ons ontvang nie die regte befondsing nie en dit is 'n hardnekkige probleem wat ons nie toelaat om as 'n universiteit te groei nie.
“Dit lyk nie of die kwessie gou aangespreek sal word nie,” sê Tjivikua.
“Dit gaan oor prioriteite en alles kan nie tegelykertyd prioriteite wees nie.”
'n Toename in studente kan ook bykomende druk op die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) plaas.
'n Kundige vertroud met die model waarop die NSFAF geskoei is, verduidelik: “Die fonds se volhoubaarheidsmodel is gebaseer op projeksies oor die inname van studente. Enige verandering hierin sal in ag geneem moet word, maar dit sal van bekostigbaarheid en die regering se begroting afhang. Dit sal oor die mediumtermynbegrotingsraamwerk (METF) hanteer moet word.”
Die huidige METF strek tot 2020-'21 en voorsien nie vir noemenswaardige veranderinge aan Nust en die Universiteit van Namibië (Unam) se subsidies nie. Unam se subsidie beloop sowat N$1 miljard per jaar en dié van Nust sowat N$600 miljoen per jaar.
Die NSFAF se subsidie was verlede jaar N$1,45 miljard en verminder vanjaar na N$929 miljoen.
Die begroting vir 2020 is N$987 miljoen.
Die begroting vir beroeps- en tegniese opleiding, verlede jaar N$105 miljoen, verhoog wel vanjaar tot N$486 miljoen, terwyl N$477 miljoen vir volgende jaar hiervoor opsygesit is.
Die Namibiese Opleidingsowerheid (NTA) ontvang die leeue-aandeel van dié bedrag.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie