Nuwe sorgeenheid op Hentiesbaai

Dié vakansiedorp het die afgelope paar jaar nie net as vakansiedorp nie, maar ook as gewilde aftreeplek ontwikkel – sonder ’n hospitaal.
Die inwyding en oorhandiging van die Wallace Theron-sorgsentrum vir verswaktes deur Hentiesbaai se Lions-klub het ‘n nuwe era in gesondheidsorg op dié vakansiedorp ingelei.

Hentiesbaai het nie net as vakansiedorp nie, maar die afgelope paar jaar ook tot gewilde aftreeplek ontwikkel en dít sonder noodsaaklike geriewe soos ‘n hospitaal.

Om in die behoefte van gesondheidsorg te voorsien, is op tuisversorging gefokus – ‘n rol wat vir jare deur suster Joey Malan vertolk is.

Malan was ‘n pionier op dié gebied en het inwoners tuis vir mediese sorg besoek. Haar onbaatsugtige diens het 14 jaar gelede gelei tot die ontstaan van die Hentiesbaaise vereniging vir die versorging van verswaktes, ‘n welsynorganisasie deur die gemeenskap, vir die gemeenskap.

Die vereniging het hom beywer vir die oprigting van ‘n gebou met die nodige geriewe om as ‘n versorgingeenheid na die behoeftes van plaaslike pasiënte om te sien, wat nie meer tuis versorg kan word nie.

Sowat 12 jaar gelede het 11 Hentiesbaaiers bymekaargekom en die Lions-klub van Hentiesbaai gestig, wat onder meer op gesondheidsorg en gemeenskapsontwikkeling fokus.

‘n Groep afgetrede verpleegsters het op hul beurt Nurses on Wheels gestig, wat tuisversorging op die dorp ondersteun, wat meer as 700 pensioenarisse huisves.

Danksy ‘n erflating deur mnr. Wallace Theron is dit vir die Lions-klub op die dorp moontlik om ‘n erf naby die huidige sentrum te koop en ‘n bykomende, moderne sorgeenheid op te rig. Dit bied 15 bykomende beddens en ‘n totaal van 43 beddens vir inwoners wat hier versorg kan word.

Die verskillende fasette van gesondheidsorg word na gelang van die gemeenskap se behoeftes deur die plaaslike dokter, die intensiewesorgeenheid, ‘n 24 uur-ambulansdiens, sowel as Nurses on Wheels bedien.

Die eenheid word gratis deur die Lions aan die vereniging beskikbaar gestel, wat sodoende bekostigbare sorg aan pasiënte kan bied.

‘n Ernstige behoefte het intussen ook ontstaan vir die oprigting van ‘n alzheimers-sentrum, met ‘n erf wat naby die huidige sentrum reeds vir dié doel aangekoop is.

Om die sowat N$3,5 miljoen vir die alzheimers-projek in te samel, kan skenkings gemaak word aan Frail Care Association, rekeningnommer SAV 2000246918, takkode 481972, verwysing alzheimers-projek, of aan die Lions-projekrekening, rekeningnommer 8001301612, takkode 48972, verwysing alzheimers-projek.

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 23° | 38° Rundu: 24° | 35° Eenhana: 23° | 35° Oshakati: 25° | 34° Ruacana: 24° | 35° Tsumeb: 22° | 33° Otjiwarongo: 20° | 32° Omaruru: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Gobabis: 23° | 34° Henties Bay: 15° | 19° Swakopmund: 15° | 16° Walvis Bay: 14° | 23° Rehoboth: 21° | 34° Mariental: 21° | 36° Keetmanshoop: 18° | 36° Aranos: 22° | 36° Lüderitz: 15° | 26° Ariamsvlei: 18° | 36° Oranjemund: 14° | 22° Luanda: 24° | 25° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 34° Mbabane: 18° | 32° Maseru: 15° | 32° Antananarivo: 17° | 29° Lilongwe: 22° | 35° Maputo: 22° | 36° Windhoek: 21° | 33° Cape Town: 16° | 23° Durban: 20° | 26° Johannesburg: 18° | 33° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 36° Harare: 20° | 31° #REF! #REF!