Nuwe stelsel sal by Sentraal Ope geld

Gholf
Die verdedigende kampioen Likius Nande sal opnuut as een van die gunste­linge aantree by die Windhoek Lager Sentraal Ope gholftoernooi wat die naweek by die Windhoek Buiteklub se baan aangebied word.

Met soveel gewilde sportaktiwiteite hierdie naweek, is die organiseerders baie tevrede dat 51 spelers ingeskryf het.

Sedert die bekendstelling van gholf se nuwe voorgeestelsel het heelwat verandering plaasgevind in die manier hoe gholftoernooi gespeel word.

Tevore kon spelers in die C-afdeling net inskryf om 36 putjies op 'n naweek te speel indien hul voorgee 13 tot 'n maksimum van 24 is, terwyl die A- en B-afdeling (voorgee 0-12) 'n veel meer uitdagende 54 putjies gespeel het.

Sedert die bekendstelling van voorgee-indekse, word spelers nou op grond van hul onderskeie indekse ingeskryf, eerder as hul baanvoorgee.

Die A- en B-afdelings word voortaan gelykop gedeel met spelers met die voorgee-indeks 0 tot 12.9, met die C-afdeling 13.0 en hoër. Geen limiet word op 'n speler se indeks gestel nie, hoewel net dié met 'n baanvoorgee tot 'n maksimum van 24 in toernooie van die Namibiese Amateur Gholfunie (Nagu) kan speel.

'n Speler se baanvoorgee word bepaal deur sy voorgee-indeks en die rangordeposisie van die baan wat hy kies om op die dag te speel (geel of wit of rooi of blou).

Vir die naweek se Windhoek Sentraal Ope - 'n toernooi van Nagu – word die wit baan gespeel.

Dit beteken spelers wat tevore in die C-afdeling sou speel, mag dalk nou in 'n hoër afdeling meeding met meer putjies as waaraan hulle gewoond is.

Dié verandering mag aanvanklik ongunstig vir amateurspelers wees, maar die organiseerders glo dat namate spelers aan die nuwe stelse van voorgee-indekse gewoond raak, sal hul voorgee en die getalle van inskrywings normaliseer.

Nagu en die Buiteklub bedank Windhoek Lager vir sy volgehoue steun aan gholf in die land.

Afslaantye vir die eerste ronde môre is:

Eerste bof

07:00 Walter Heibeb, Edwin Kutara, Johannes Mungolo.

07:10 Likius Nande, Gabriel Shikodi, Gert Olivier.

07:20 Grant Mather, Damien da Silva, Kevin Wentzel.

07:30 Stanley Gawanab, Karl Swartz, C du Randt.

07:40 Dennis Haimbondi, G Vink, XL Zhang.

07:50 M Hoeseb, M Shoozi, D Katti.

08:00 T Burger, H Ndjendja, M Polster.

08:10 M Schafer, S Matheus, G van Wyk.

08:20 M van Schoor, J Martin, I Wood.

08:30 W Singoro, T Shitaleni, P Johns.

08:40 L Tshoopara, D Bekedam, T Gurirab, L Chivende.



Tiende bof

07:00 S Basson, A Smit, B Erasmus.

07:10 D Peake, D van der Merwe, L Kangandjela.

07:20 E Chikohora, T Saunderson, CM Okamaru.

07:30 V Peterson, Z Pochee, L Malule, T Parker.

07:40 J Rayners, C Claasen, M Chippupa, R Ludwig.



OMEYA

Die Omeya gholfklub het laas naweek die eerste ronde van die PPS Namibia “Betterball Powerplay” aangebied.

Nadat altesame 44 spanne in die opwindende formaat meegeding het, was die voorste uitslae soos volg:

Beterbal

1 Eric van der Walt en Basie Buitendag (65 punte)

2 H. Steytler en E. Verburg (64)

3 J. Engelbrecht en F. Oosthuizen (63)

4 F. Hanekom en W. van Zyl (62)

5 F. van Zyl en H. Borkowski (61)

Individuele “Powerplay”

1 D. Holtzhausen (34 punte)

2 H. Borkowski (30 uittel)

3 J. Engelbrecht (30)

4 W. van Zyl 30 (uittel)

5 Z. du Pisani (30)

Omeya bedank PPS Namibia vir sy voortdurende steun en sien reeds uit na die tweede ronde wat vir 15 Junie geskeduleer is.

Kommentaar

Republikein 2024-09-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Rugby Championship: New Zealand 33 vs 13 Australia Premier League: Arsenal 4 vs 2 Leicester City | Chelsea 4 vs 2 Brighton | Nottingham Forest 0 vs 1 Fulham | Brentford 1 vs 1 West Ham | Everton 2 vs 1 Crystal Palace | Newcastle 1 vs 1 Manchester City LaLiga: Rayo Vallecano 1 vs 1 Leganés | Getafe 2 vs 0 Deportivo Alaves | Real Valladolid 1 vs 2 Mallorca | Celta Vigo 0 vs 1 Atletico Madrid | Espanyol 1 vs 2 Villarreal | Las Palmas 1 vs 1 Real Betis | Barcelona 1 vs 0 Getafe | Girona 0 vs 0 Rayo Vallecano SerieA: Udinese 2 vs 3 Inter Milan | AC Milan 3 vs 0 Lecce European Championships Qualifying: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town English Championship: Watford 2 vs 1 Sunderland | Portsmouth 0 vs 0 Sheffield United | Oxford United 0 vs 0 Burnley | Millwall FC 3 vs 1 Preston North End | Middlesbrough 2 vs 0 Stoke City | Leeds United 3 vs 0 Coventry City | Hull City 4 vs 1 Cardiff City | Sheffield Wednesday 3 vs 2 West Bromwich Albion | Derby County 2 vs 3 Norwich City | Blackburn Rovers 2 vs 0 Queens Park Rangers | Plymouth Argyle 3 vs 1 Luton Town #N/A Currency: GBP to NAD 22.84 | EUR to NAD 19.09 | CNY to NAD 2.44 | USD to NAD 17.11 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.26 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.14 | RUB to NAD 0.18 | INR to NAD 0.2 | USD to DZD 131.76 | USD to AOA 940.1 | USD to BWP 13.08 | USD to EGP 48.31 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1666.22 | USD to ZAR 17.1 | USD to ZMW 26.37 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1920.41 Up +0.02% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14449.05 Up +0.55% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 31276.91 Up +0.08% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9653.37 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 658.55/OZ DOWN -0.0053 | Copper US$ 4.56/lb DOWN -0.0111 | Zinc US$ 3 089.80/T DOWN -0.37% | Brent Crude Oil US$ 72.65/BBP UP +1.49% | Platinum US$ 1 001.11/OZ DOWN -0.0062 #N/A