Nuwe strafwet kom nu00e1 betogings
Nuwe strafwet kom nu00e1 betogings

Nuwe strafwet kom ná betogings

Roemenië
Estelle de Bruyn
Roemenië se minister van justisie sou gister besonder­hede van 'n nuwe wetsontwerp op die strafregtelike kode publiseer, 'n dag nadat die regering 'n vroeëre dekreet geskrap het ná die grootste massabetoging sedert die omverwerping van die kommunistiese leier, Nicolai Ceausescu, in 1989.

Honderduisende ­Romeniërs het Sondag in die hoofstad, Boekarest, betoog teen die dekreet wat sou meebring sommige staatsamptenare word teen vervolging op korrupsieklagte gevrywaar.

Selfs nadat die regering die dekreet herroep het, het betogings voortgeduur met ­mense wat geskree het: “Ons glo jou nie, ons sal nie opgee nie.”

Die regering sê die dekreet, wat verlede Dinsdag inderhaas aanvaar is, was daarop gemik om die strafregtelike kode met onlangse uitsprake deur die grondwetlike hof te laat strook. Kritici meen egter dit kon die grootste slag vir die stryd teen korrupsie wees sedert Roemenië in 2007 by die Europese Unie aangesluit het.

– Nampa/Reuters

Kommentaar

Republikein 2025-04-21

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer