Nuwe tegnologie bring nuus oor gewone Egiptenare
Nuwe tegnologie bring nuus oor gewone Egiptenare

Nuwe tegnologie bring nuus oor gewone Egiptenare

Navorsers in Londen het ’n skanderingstegniek ontwikkel waarmee gesien kan word wat geskryf staan op papirus waarvan mummies se omhulsels destyds gemaak is, berig BBC News.

Die omhulsels is die versierde houers waarin die toegedraaide lyk gesit is voordat dit in die graf geplaas is.

Die omhulsels is gemaak uit stukkies papirus waarop die antieke Egiptenare inkopielysies gemaak of belastingvorms ingevul het. Danksy dié nuwe tegnologie kan historici nou nuwe insigte kry in die daaglikse lewe van antieke Egipte.

Die hiërogliewe teen die mure van die Faraos se grafte wys slegs hoe die ryk en magtige mense uitgebeeld wou word. Dit word dus as die propaganda van destyds beskou.

Prof. Adam Gibson van die University College London wat die projek gelei het, sê die nuwe tegniek gee Egiptoloë nou toegang tot die werklike verhaal van antieke Egipte.

“Die papirus het vir 2 000 jaar behoue gebly omdat dit gebruik is om prestige-objekte te maak. Hierdie masker-omhulsels verteenwoordig dus een van die beste biblioteke wat ons van afval-papirus het omdat dit andersins weggegooi sou word.

Dié papirus (wat meer as 2 000 jaar oud is) bevat inligting oor mense se daaglikse lewens.”

Die skrif op die papirus is dikwels verberg deur kleefmiddels wat die mummie-omhulsels aanmekaar hou. “Navorsers kan nou danksy die skanderingstegniek met verskillende soorte lig wat die ink laat gloei, sien wat op die papirus geskryf staan,” het Gibson gesê. – Netwerk24

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!