Nuwe toestel red lewens
'n Nuwe mediese toestel wat binne sekondes 'n sein na spesiaal opgeleide noodspanne uitstuur is amptelik deur ATA International – Nood en Mediese Hulp (E.M.A.) in Namibië bekend gestel.
Die bekendstelling is deur die waarnemende permanente sekretaris in die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, me. Petronella Masabane, waargeneem. Dit volg 'n jaar nadat die toestel intensief oraloor die land getoets is.
Die toestel lyk baie soos 'n slim horlosie, maar kan onafhanklik van die gebruiker se slimfoon werk. Dit maak dit moontlik om die presiese ligging van die gebruiker vas te stel sou 'n noodgeval bestaan.
Die E.M.A.-stelsel bied aan gebruikers 24 uur en sewe dae 'n week toegang tot 'n reeks dienste wat mediese hulp, persoonlike beskerming, asook reisversekering insluit.
Volgens mnr. Fabian Martens, besturende lid van ATA International Namibia, is daar byna elke minuut van elke dag 'n voorval of noodgeval, waarvan 70% tuis gebeur.
“Die toestel het ten doel om jou huislike lewe en reise met die druk van 'n knoppie veiliger te maak. Dit is veral geskik vir bejaardes, mense wat alleen bly, gesinne, sakelui en ook dié wat baie reis,” het Martens verduidelik.
Die oomblik wat die E.M.A-stelsel geaktiveer word, word 'n nooddienspraktisyn in die beheersentrum van die gebruiker se ligging in kennis gestel.
Die gepaste diens, hetsy 'n ambulans en paramedikus, brandweer, polisie, insleepdiens, loodgieter of welke ander nooddiens, word dan na die gebruiker gestuur.
Alle persoonlike inligting is veilig en slegs die gepaste inligting word volgens streng protokol vir die beskerming van data gedeel.
Die diens is nie net in Namibië nie, maar ook in Suid-Afrika beskikbaar.
Danksy globale posisioneringstegnologie (GPRS) kan dit egter in die buiteland ook gebruik word.
Meer inligting oor die toestel en waar om dit te koop, is op die webtuiste www.ata-international.com.na of by ATA International se hulplyn vir diens (061) 302 931 beskikbaar.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie