Nuwe tuiste vir ‘interaktiewe kunservaring’

Kunsfoendi’s, staan reg
Yandi Du Plessis
In die vyf maande vandat DEFINITION: Art einde 2020 in die Maerua-inkoopsentrum gebore is, het dié instansie hard gewerk om ’n liefde vir elke plaaslike kunsvorm binne die Namibiese publiek te kweek.

“Ons het ons deure op 15 April gesluit, maar ons liefde vir kuns het nie daar geëindig nie. Ons het gevorder tot op ’n ander plek – ons eie nuwe plek,” vertel mnr. Emmanuel Enkara, die eienaar.

Die instansie het op 27 Mei amptelik die deure van sy nuwe ruimte by The Village in die hoofstad oopgemaak. Die werk van verskeie plaaslike kunstenaars is tydens die geleentheid uitgestal, en alles was te koop.

DEFINITION: Art word beskryf as ’n “interaktiewe kunservaring”, met die hooffokus daarop om plaaslike kontemporêre kunstenaars te help om hul kunswerke te verkoop en om hul werk op ’n vars, moderne manier vir die Namibiese publiek aan te bied.

Benewens die uitstallings, bied die inisiatief verskeie ander kunsverwante aktiwiteite aan, soos verf- en wynsessies met verskillende temas, waar akteurs en aktrises gedagtes prikkelende tonele van tragedie, romanse, wetenskapfiksie en drama vir die besoekers uitvoer terwyl hulle skilder.

DEFINITION: Art kombineer ook filosofie en poësie in ’n “intellektuele gespreksessie”, waar die publiek kan gesels en redeneer oor onderwerpe wat die verstand te bowe gaan, terwyl hulle na die kreatiewe intellek van poëtiese kunstenaars luister.

Hulle bied ook ’n verskeidenheid musieklesse vir die publiek aan, wat kitaar, klavier, trom en vioollesse insluit. ’n Groep ervare musiektutors is gereed om groepe mense tegelykertyd te onderrig en die instrumente word voorsien.

Fliekaande, waar die publiek kan kies watter films hulle in die Ster-Kinekor-teater in die Maerua-inkoopsentrum wil sien (die plek is onderhewig aan verandering), is ook op die agenda.

Die hooffokus bly egter steeds om diegene in die visuele kunsbedryf te help om 'n inkomste uit hul kunswerke te genereer. DEFINITION: Art bied elke twee maande ’n kunsveiling aan, wat die perfekte geleentheid is om plaaslike kunstenars te ondersteun.

“Ons het baie ander kunsverwante aktiwiteite wat ons graag by ons skedule wil voeg,” vertel Enkara opgewonde.

Almal wat in kuns belangstel word uitgenooi om The Village in Liliencronstraat 18 te besoek, of ’n draai te maak op DEFINITION: Art se sosiale media-blaaie om op hoogte te bly van al die opwindende geleenthede wat op pad is.

“Gedurende die vakansietyd, tydens 'n wêreldwye pandemie, met Namibië se huidige swak ekonomiese klimaat, het ons nie geweet wat om te verwag nie. Maar in die proses kon ons alreeds meer as 20 kunstenaars help om 'n inkomste te verdien. Ons is baie trots almal wat ’n verskil in dié mense se lewens kon maak,” sê Enkara.

Kommentaar

Republikein 2024-09-24

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Currie Cup: Fidelity ADT Lions 14 vs 16 Hollywoodbets Sharks XV Rugby Championship: Argentina 29 vs 28 Springboks | Australia 28 vs 31 New Zealand Premier League: Manchester City 2 vs 2 Arsenal | Brighton 2 vs 2 Nottingham Forest | Crystal Palace 0 vs 0 Manchester United | Tottenham Hotspur 3 vs 1 Brentford | Southampton 1 vs 1 Ipswich Town | Liverpool 3 vs 0 Bournemouth | Leicester City 1 vs 1 Everton | Fulham 3 vs 1 Newcastle | Aston Villa 3 vs 1 Wolves | West Ham 0 vs 3 Chelsea LaLiga: Real Betis 1 vs 2 Mallorca | Rayo Vallecano 1 vs 1 Atletico Madrid | Villarreal 1 vs 5 Barcelona | Athletic Club 3 vs 1 Celta Vigo | Getafe 1 vs 1 Leganés | Real Madrid 4 vs 1 Espanyol | Valencia 2 vs 0 Girona | Osasuna 2 vs 1 Las Palmas | Real Valladolid 0 vs 0 Real Sociedad SerieA: Inter Milan 1 vs 2 AC Milan | AS Roma 3 vs 0 Udinese | Monza 1 vs 2 Bologna | Fiorentina 2 vs 1 SS Lazio | Lecce 2 vs 2 Parma | Juventus 0 vs 0 Napoli | Venezia 2 vs 0 Genoa European Championships Qualifying: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford English Championship: Preston North End 0 vs 0 Blackburn Rovers | West Bromwich Albion 1 vs 0 Plymouth Argyle | Sheffield United 1 vs 0 Derby County | Luton Town 2 vs 1 Sheffield Wednesday | Coventry City 1 vs 2 Swansea City | Cardiff City 0 vs 2 Leeds United | Burnley 2 vs 1 Portsmouth | Bristol City 2 vs 1 Oxford United | Sunderland 1 vs 0 Middlesbrough | Queens Park Rangers 1 vs 1 Millwall FC | Norwich City 4 vs 1 Watford #REF! Currency: GBP to NAD 23.12 | EUR to NAD 19.29 | CNY to NAD 2.46 | USD to NAD 17.3 | DZD to NAD 0.13 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.27 | EGP to NAD 0.35 | KES to NAD 0.13 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.64 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.16 | RUB to NAD 0.19 | INR to NAD 0.21 | USD to DZD 131.83 | USD to AOA 933.05 | USD to BWP 13.15 | USD to EGP 48.66 | USD to KES 128.48 | USD to NGN 1596.98 | USD to ZAR 17.32 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index Same 0 | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1845.32 Up +0.73% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 14269.55 Up +0.16% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 30871.1 Down -0.49% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI 9651.25 Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 649.98/OZ UP +0.90% | Copper US$ 4.46/lb UP +3.21% | Zinc US$ 3 017.00/T UP 4.33% | Brent Crude Oil US$ 75.00/BBP UP +0.83% | Platinum US$ 981.63/OZ UP +2.46% #REF!