Nuwe uitvoerende direkteurs aangestel
Die kabinetsekretaris, dr. George Simataa, het vroeër vandag aangekondig twee nuwe uitvoerende direkteurs is met ingang November aangestel.
Me. Gladice Pickering, ’n adjunk- uitvoerende direkteur van justisie, is bevorder tot uitvoerende direkteur.
Dr. Audrin Mathe, vroeër die uitvoerende hoof van New Era Publication Corporation (NEPC), sal van 1 November diens doen as uitvoerende direkteur van sport, jeug en nasionale diens.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie