Nuwe vel vir RG, brandwonde hou hom uit
Die erns van die ribbesering van Eben Etzebeth moet ook nog bepaal word.
Hendrik Cronjé en Brenden Nel – Die Springbokke se ramkat-slot RG Snyman sal 'n veloorplanting moet ondergaan nadat hy ernstige brandwonde aan sy knie opgedoen het met 'n fratsongeluk by 'n vuurput verlede maand in Ierland.
Snyman kan as gevolg van die veloorplantingsoperasie al drie toetse teen die Britse en Ierse Leeus misloop.
Die Bok-slot herstel boonop van 'n kniebesering.
Dié skoknuus is verlede week aan Snyman oorgedra. Die feit dat die herstelproses van sy kniebesering deur die brandwonde vertraag is, beteken dat die tyd uitloop vir hom om reg te wees vir die toetsreeks.
Die veloorplanting sal waarskynlik beteken hy sal nie voor die Rugbykampioenskap vir die Bokke beskikbaar wees nie.
Snyman en Damian de Allende is albei beseer toe 'n Ierse klubmaat petrol op 'n vuurput gegooi het en dié kan aan die brand geslaan het.
Terwyl hul klub, Munster, tjoepstil oor die erns van die brandwonde gebly het, verneem Rapport dat die wond aan Snyman se knie nie behoorlik herstel het nie. 'n Plaaslike spesialis het dié week 'n veloorplanting voorgestel om dit reg te maak.
Dit volg nadat die aanvanklike diagnose as nie so ernstig deur Munster deurgegee is nie, al het albei 'n velspesialis in Ierland gesien voordat hulle by die Springbokke aangesluit het.
De Allende se wonde is nie so erg soos Snyman s'n nie, maar dit het hom tot dusver uit alle Springbok-oefensessies gehou, veral omdat daar 'n vrees vir infeksie is. De Allende het tot dusver net gimnasiumwerk gedoen.
De Allende se herstel is nietemin op koers om oor nege dae vir die SA A-span teen die Britse en Ierse Leeus te speel.
Snyman se besering het die mini-slotkrisis in die span vererger, veral nadat Eben Etzebeth Vrydagaand teen Georgië die veld met 'n ribbesering verlaat het.
Etzebeth sal eers vandag meer weet oor hoe ernstig die besering is, maar volgens Rapport se inligting is die besering nie te erg nie. Of hy vir die tweede toets in die beginspan sal wees, sal alles afhang van hoe erg die besering is, asook of die Bokke met hom wil waag of hom eerder bykomende hersteltyd wil gun voor hy die Britse en Ierse Leeus aanpak.
Indien hy onbeskikbaar is vir komende Vrydag se toets, sal dit interessant wees wie van Jean-Luc du Preez, Nicolaas Janse van Rensburg, Marvin Orie of Rynhardt Elstadt as Franco Mostert se slotmaat aangewys sal word. Du Preez en Elstadt is as veelsydige spelers in die groep ingesluit.
Daar is wel goeie nuus oor Lood de Jager, wat die afgelope week saam met die span geoefen het en vir die SA A-span sy terugkeer tot die veld sal maak.
Die spelers van veral Sale Sharks en Toulouse – wat hulle eers verlede week by die Bokgroep kom aansluit het – sal dié week beskikbaar wees vir die tweede toets teen Georgië op Ellispark.
Die Springbok-afrigter, Jacques Nienaber, het Vrydagaand ná die Bokke se oorwinning weer beklemtoon dat die Bokke die “sterkste moontlike span beskikbaar” in die tweede toets sal laat speel, wat kan beteken dat twee van die Wêreldbeker-helde – skrumskakel Faf de Klerk en die vleuel Cheslin Kolbe – waarskynlik in die beginspan sal wees.
De Klerk was die ster van Sale Sharks se seisoen en behoort weer maklik sy plek te kan inneem, terwyl Kolbe op sy kop is en Toulouse se grootste uitblinker was in hul seges in die Europese Bekertoernooi en Top14-eindstryde.
Nog twee sterre wat weer deur die Bokke oorweeg word, is Makazole Mapimpi en Lukhanyo Am. Hulle het die eerste toets misgeloop nadat hulle weens Covid-19-kontak moes isoleer.
Morné Steyn se moontlike insluiting in die 23-tal sal 'n besprekingspunt wees nadat nie Frans Steyn of Elton Jantjies op hul snykant op Loftus was nie.
Die Bokke het 'n bank van vyf voorspelers en drie agterspelers vir die eerste toets gehad, terwyl Rassie Erasmus ses voorspelers en twee agterspelers by die Wêreldbeker verkies het.
Morné Steyn se insluiting kan daarom ook van die samestelling van die bank afhang, aangesien Damian Willemse uitstekende spel op Loftus gelewer het.
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie