Nuwe Vervoerkommissie binnekort aangestel
Ronelle Rademeyer
Pres. Hage Geingob sal na verwagting binne die volgende dae die lede van die nuwe Vervoerkommissie in hul poste aanstel.
Namibië het die afgelope twee weke nie 'n Vervoerkommissie nie, wat implikasies het sou operateurs in die lugvaartbedryf byvoorbeeld om dringende veranderinge aan hul lugdienslisensies moet aansoek
doen.
Mnr. John Mutorwa, minister van werke en vervoer, het gister verduidelik die Vervoerkommissie se termyn het op 31 Mei vanjaar verstryk, maar dit is met drie maande tot 31 Augustus verleng.
Die verlenging is toegestaan om tyd te gee sodat die poste ingevolge die nuwe Staatsondernemingsbestuurswet in die media geadverteer kon word.
Die kommissie bestaan uit vyf lede, en volgens wet moet twee van die vyf lede mense met regsopleiding wees.
Mutorwa sê 40 aansoeke is ontvang en 'n komitee het ná bestudering van die aansoeke, aanbevelings voorberei.
“Die aanbevelings is verlede week aan die president voorgelê en ons wag nou vir die aankondiging,” sê die minister.
“Ons is jammer dat dit langer geneem het en ons nie die sperdatum (van 31 Augustus) gehaal het nie," het Mutorwa gesê.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie