Nuwe voorkoms vir Groot Aub-kliniek
Die gemeenskap van Groot Aub kan beter gesondheidsdienste verwag ná die opknapping van die kliniek.
Dit is moontlik gemaak deur Namibië se eerste ombudsman, adv. Bience Gawanas, as deel van haar 60ste verjaardagvieringe.
Tydens die oorhandiging van die kliniek verlede maand aan die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, het Gawanas verduidelik pleks dat haar vriende en familie vir haar geskenke bring, het sy hulle gevra om eerder die opknappingsprojek te ondersteun deur ’n skenking te maak.
“Ek het gedink dis beter om terug te ploeg in die gemeenskap en om almal daarvan deel te maak, as om geskenke te ontvang,” het sy gesê.
Gawanas, ook ’n voormalige, spesiale raadgewer vir die minister van armoede-uitwissing en maatskaplike welsyn, het gesê sy het geen verbintenis met die gemeenskap van Groot Aub nie, en dat haar eerste besoek aan die nedersetting in 2014 was. Dit was toe dat sy ingelig is oor die toestand van inwoners se gesondheid.
Die kliniek bedien sowat 100 pasiënte per dag.
Die opknappings sluit die konstruksie van ’n muur in die kliniek in, wat die spreekkamer en die wagkamer skei, verfwerk binne en buite, en ’n nuwe rusbank in die wagkamer. ’n Tweedehandse kraambed, wat Gawanas by Windhoek Medi-Clinic gekry het, asook ’n herstelde broeikas is aangebring.
Die dreineringstelsel en watertenk, wat buite werking was, is herstel terwyl nuwe gordyne en rakke vir medisyne aangebring is. Personeel het voorheen medikasie in bokse geberg.
Daar is vier verpleegsters wat gesondheidsdienste soos inentings, voorbehoeding, voor- en nageboortesorg, MIV-toetsing, berading en behandeling vir tuberkulose (TB) asook algemene mediese bystand bied. – Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie