Nuwe voorkoms vir hengelaars
Benguella Hengelklub se afdeling vir varswater oewerhengel spog met splinternuwe kompetisie-uitrusting, geborg deur Old Mutual Namibia. Die borgskap sluit in hengelhemde, broeke, hoede en “buffs” vir die hele varswateroewerhengelspan van 2017. Hengel is 'n sport wat die hele gesin saam in die natuur kan geniet; ongelukkig kan die uitgawes vir 'n gesin ook veeleisend raak. Die borgskap van Old Mutual is dus baie welkom om die finansiële druk te verlig om die sport te beoefen. Benguella bedank graag die volgende mense by Old Mutual wat die borgskap moontlik gemaak het: Hilmar von Lieres; Elsabe van Rooi (nasionale verkoopsbestuurder van die Executive Team, ook bekend as Hilmar se span) en Johan Erasmus (bestuurder van PFA Namibia).
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie