Nuwe vorme van boerdery
Wat as die reën nie kom nie?
Die rillervraag het Dinsdag in Windhoek voorop gestaan tydens die landbousektor se jaarlikse vooruitskouingsberaad.
Elke Namibiër bid en hoop die droogte – wat in talle opsigte rekordafmetings aangeneem het – sal gebreek word. Maar die realiteit bly dat herstel baie jare gaan neem én nuwe droogtes onvermydelik anderkant die horison wag.
Mnr. Vehaka Tjimune het aangeraai Namibië moet sy eeuelange kultuur van bees- en veeboerdery krities heroorweeg. Oorbeweiding het tevore reeds krisisafmetings in dele van die land aangeneem en drakrag gaan nooit dramaties verbeter nie.
Die biomassabedryf as alternatiewe energiebron en plaaslike “boskos” het dramaties veld begin wen. Tjimune sê selfs meer kreatiewe denke is oor sulke opsies nodig.
Wêreldwyd word tradisionele landbou en verwante waardekettings se koolstofspoor ‘n groeiende vraagstuk as deel van klimaatverandering. Verbruikers is dalk nog nie hier verskriklik omgewingsbewus nie, maar die sorge sal groei en toenemend swaarder in uitvoermarkte weeg.
Namibië het – hoewel dit laat in die geveg is en almal nog nie hul deel doen nie – die afgelope jare meer intens bewus geword van waterskaarstes wat altyd sal bestaan en ander omgewingskwessies. Deel van die oplossing is “groen” landbou wat naas volhoubare ekonomiese groei tot ontwikkeling en opheffing sal bydra.
Die ou uitdrukking sê ‘n boer maak ‘n plan. Ons het goeie planne nodig.
So sê ander
9 Oktober 2019
Die DA is verstrengel in 'n rassekwessie
Die twis in die DA wat nou weer na die oppervlak borrel, enersyds oor die leierskap van Mmusi Maimane en andersyds in die stryd oor die kies van ’n nuwe voorsitter vir die party se federale raad, voorspel niks goeds vir die DA nie.
In enige politieke party moet uiteraard interne meningsverskil en mededinging om sleutelposisies wees. As daar nie is nie, sou dit ’n duidelike teken van ’n dooie party wees.
Maar interne meningsverskil en mededinging kan slegs ’n bate wees as die party se besluitnemingsprosesse, kultuur en oorhoofse leierskap van só ’n aard is dat dit dinamiese vooruitgang skep. Wat tot dusver te siene is uit DA-geledere staan in skerp teenstelling hiermee.
Dis hier waar die knoop lê: Die veelrassige karakter van die DA, en die feit dat die fokus op die onafgehandelde versoeningsprojek aan die vervaag is, plaas ’n besonderse verantwoordelikheid op sy leiers om uit die voorhoede te lei in die oplossing van ingewikkelde rassekwessies.
Maar wanneer ras as ’n politieke werktuig gebruik word, word dié taak onmoontlik. Hef aan lê dus nog vir die party voor om sy huis in orde te kry met 2021 se munisipale verkiesing in aantog.
• NETWERK24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie