Nuwe waardasierol vir plase voltooi
Die ministerie hou sedert Maandag (18 Maart) inligtingsessies op verskeie dorpe om kommersiële boere oor die jongste waardasierol in te lig.
Elvira Hattingh – Die ministerie van grondhervorming het aangekondig hul voorlopige 2017-’22-waardasierol vir kommersiële plase is voltooi.
Die ministerie het ‘n uitreikprogram oraloor die land van stapel gestuur om grondeienaars in te lig oor die proses waarvolgens die grond se waarde bepaal is, asook oor die metodes wat gebruik is, voor die rol later vanjaar vir openbare inspeksie beskikbaar sal wees.
In ‘n advertensie wat in Woensdag 20 Maart se Republikein verskyn het, nooi die ministerie alle kommersiële boere wat plase in Namibië besit na hierdie sessies op verskeie dorpe uit.
Die eerste sessies is reeds Maandag, Dinsdag en Woensdag op Grootfontein, Tsumeb en Otjiworongo afgehandel.
Vandag word nog ‘n sessie by die Primêre Skool Outjo aangebied, waarná die uitreikprogram Maandag na Omaruru sal skuif.
Dan kom Gobabis, Rehoboth en Aranos aan die beurt. Die laaste sessie vind op 15 April om 09:00 in die ministerie se ouditorium in Windhoek plaas.
Dít volg nadat plaaseienaars hul saak oor die staat se laaste waardasierol in die hoërhof gewen het toe waarnemende regter Claudia Claasen op 7 Febraurie die rol nietig verklaar het, asook die proses wat gebruik is om dit op te stel.
Dit is gedoen op grond van ‘n ooreenkoms wat tussen die aansoekers en die respondente bereik is.
Sedertdien het die Namibië Landbou-unie (NLU) saam met owerhede aan ‘n nuwe, geldige waardasierol gewerk en het reeds op 20 Februarie hul eerste vergadering met die waardeerder-generaal, mnr. Rudolf !Nanuseb, hieroor gehad.
Mnr. Mark Kutzner, die prokureur wat die aansoekers Traupe Farming CC, asook Mapan Boerdery in die hersieningsaansoek in die hof verteenwoordig het, sê tydens samesprekings kon die staatsprokureurs sy kliënte se argument insien en is daar ooreengekom dat die totale proses hersien moet word.
Hy het toe aan Republikein gesê dit beteken die ministerie van grondhervorming sal nou nuwe belastingaanslae moet uitstuur wat op plaaswaardasies van 2017 gegrond is, en die belasting moet op 0,4% van die plaaswaarde in plaas van 0,75% bereken word.
Kutzner het gesê hulle moet van die laer persentasie gebruik maak omdat dit verlede jaar verlaag is.
Hy het gesê die hof sal op 16 Julie beslis vir wie se koste die saak is.
“Dit is al wat nog uitstaande is,” het hy verduidelik.
Die respondente in die saak het onder andere die minister van grondhervorming, landdros Johannes Shuuveni, die waardasiehof se voorsittende beampte, die minister van landbou, water en bosbou, die ontvanger van inkomste asook die minister van finansies ingesluit.
Die NLU se president, mnr. Ryno van der Merwe, het voorheen aan Republikein gesê hul standpunt is dat kommersiële boere bereid is om grondbelasting te betaal solank dit billik, regverdig en bekostigbaar is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie