Nuwe waarnemende hoof vir Meatco
Die raad van direkteure het sy dankbaarheid teenoor mnr. Jannie Breytenbach betuig wat ’n belangrike rol in die maatskappy se omkeerstrategie gespeel het.
Meatco het sy bestuurder van finansies, menslike hulpbronne, inligtingstegnologie en administrasie, mnr. Angus Claassen, as nuwe uitvoerende hoof aangewys.
Die Meatco-raad se besluit om die rol van waarnemende uitvoerende hoof te roteer, strook met wetgewing en goeie korporatiewe bestuur.
Meatco sê in ‘n verklaring die aanstelling wat deur die raad se voorsitter, dr. Martha Namundjebo-Tilahun, aangekondig is, geld van 1 Oktober af.
Die raad van direkteure het intussen sy “diep dankbaarheid” teenoor mnr. Jannie Breytenbach betuig wat ’n belangrike rol in Meatco se omkeerstrategie gespeel het, wat die afgelope jaar uitgevoer is.
“Ek wil graag van die geleentheid gebruik maak om die uittredende waarnemende uitvoerende hoof, mnr. Jannie Breytenbach, te bedank. Dankie dat jy daar was toe al die ander die skip verlaat het. Jy was vasbeslote om aan te bly en die skip in ‘n ander rigting te stuur. Dankie ook aan die Meatco-personeel vir jul spanwerk en toewyding aan die maatskappy,” het Namundjebo-Tilahun gesê.
Meatco werf tans ‘n onafhanklike uitvoerende hoof.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie