Nuwe waterpompe vir droogtevoos Ovahimbas
Danksy skenkershulp uit die buiteland kon waterpompe by putte in die droë Kaokoland herstel word om vir mens en dier verligting te bring.
Ronelle Rademeyer - Tussen 400 en 500 mense in die Ovahimba-gemeenskap in Kaokoland het toegang tot skoon drinkwater nadat ‘n Amerikaanse liefdadigheidsorganisasie geld ingesamel het om waterpompe by putte in die gebied te herstel.
Die niewinsgewende organisasie One Pencil Project (OPP) fokus op opvoedkundige hulp, gemeenskapsontwikkeling en rampverligting in Suid-Amerika, die suidelike deel van Afrika, asook die grensgebiede in Amerika, sê dr. Helen Davis, medestigter en hoofbeampte van dié projek.
Davis, wat as postdoktorale genoot verbonde is aan die Harvard Universiteit se departement vir menslike evolusionêre biologie, doen reeds jare lank navorsing onder die Ovahimba se Twa-gemeenskap in die Kunenestreek, asook die suide van Angola.
Sy fokus op die kritieke wisselwerking tussen die beskikbaarheid van hulpbronne tydens die kinderjare, en hoe daardie kinders later akademies presteer. Om haar navorsing te kan doen, werk sy nou saam met die Ondao Mobiele Skole-projek in Kaokoland en monitor sy kinders in die nomadiese Twa-gemeenskap wat in tente skoolgaan.
Davis sê OPP het hom daartoe verbind om elke jaar skoolbenodigdhede aan 6 000 kinders in dié skoleprojek te verskaf.
Met die rampspoedige droogte het hulle egter besef die onmiddellike nood is toegang tot skoon drinkwater uit putte in die gebied, sê Davis.
“Met 60 000 stuks vee wat al weens die droogte in dié streek gevrek het en die gebrek aan water, is families en gemeenskappe gedwing om te trek en skole moes sluit,” sê sy.
Die Amerikaanse organisasie USAID het geld aan die Namibiese Rooikruisvereniging beskikbaar gestel om stukkende waterpompe by putte te herstel, maar dit was nie genoeg nie, sê sy.
“Families is gedwing om hul gemeenskappe te verlaat en weg te trek na gebiede waar putte met werkende handpompe is. Oor die jare het baie pompe gebreek en kan die gemeenskap nie die water benut nie,” vertel Davis.
Daarom het OPP met groot ywer geld ingesamel om spesifiek tot die verligting van dié probleem by te dra.
“Ons het in September en Oktober ons aandag hieraan gewy en spesifiek op die gemeenskappe gefokus waar ons voorheen al gewerk het.
“Met die tegniese en logistieke help van die Rooikruisvereniging kon ons vir tussen 400 en 500 mense toegang tot water bewerkstellig deur die pompe te vervang,” sê sy. - [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie