Nuwe wiele vir verkeerspolisie
Die RFA se skenking ter waarde van N$15 miljoen is vir die handhawing van verkeerswette.
Augetto Graig – Die Namibiese polisie het Maandag 20 uit 25 nuwe voertuie in ontvangs geneem wat bestem is vir gebruik in die handhawing van verkeerswetgewing landswyd.
Volgens die uitvoerende direkteur van binnelandse sake, immigrasie, veiligheid en sekuriteit, mnr. Etienne Maritz, sal die 11 Volkswagen Polo GTI’s, ses Toyota Corolla XR’e en drie Toyota Hilux-enkelkajuitbakkies ingespan word om padongelukke te bekamp.
Tesame met die uitstaande vyf voertuie wat nog afgelewer moet word, beloop die waarde van die skenking deur die Padfondsadministrasie (RFA) N$11,37 miljoen.
Hiermee saam is vyf Trucam-spoedkameras, vyf Intoxilyzer-asemtoetsers en vyf Max X-toestelle vir alkoholondersoeke geskenk, ter waarde van N$3,62 miljoen, vir ’n totale waarde van N$15 miljoen.
“Ek wil ook die selfaangestelde Michael Schumachers waarsku om in alle opsigte nie hul liefde vir spoed op hierdie polisievoertuie te oefen nie. In ooreenstemming met ons ministerie se standpunt van geen verdraagsaamheid teenoor korrupsie, sal enige vorm van misbruik van hierdie voertuie en toerusting nie geduld word nie,” het Maritz gesê.
Hy het polisiebevelvoerders opdrag gegee om behoorlike toesig en beheer oor die gebruik die voertuie te hou.
By die geleentheid het die RFA se uitvoerende hoof, mnr. Ali Ipinge, gesê hy is verheug om die skenking te oorhandig en terselfdertyd die ooreenkoms oor prosedures vir toekomstige aankope vir padvervoer wetshandhawing te teken.
“Ons gesamentlike belegging van oor N$2,4 miljard per jaar in die padsektor lewer steeds positiewe opbrens vir die ekonomie en vir padverbreukers. Terwyl die kern van ons belegging na onderhoud en rehabilitaise van die nasionale padnetwerk gaan, bly ons toegewei tot ondersteuning van verkeerswet handhawing landswyd,” sê hy.
Hierin is Nampol ’n belangrike strategiese vennoot, sê Ipinge. “Toe Nampol die toestand van hul voertuigvloot vir verkeerswetshandhawing onder ons aandag gebring het, moes die RFA onmiddellik hulpbronne herverdeel om die Namibiese polisie nou N$15 miljoen per jaar (vanaf N$8 miljoen per jaar) te kan gee. Dis gedoen ongeag die aansienlike inkomste-uitdagings wat die RFA as gevolg van die Covid-19 pandemie in die gesig staar,” sê hy.
Ipinge sê in die afgelope finansiële jaar is ’n afname van 16% in terme van ongelukke, en 20% minder lewensverliese aangeteken.
“Hierdie belegging vergroot Nampol se vloot vir verkeerswetshandhawing met 16% en verseker dat daar een verkeersbeheervoertuig vir elke 46 km teerpad in die land is.
“Die program sal vir die volgende jare voortduur, onder die nuwe prosedure-ooreenkoms wat vandag hier onderteken is. Dus sal in die volgende finansiële jaar weer minstens N$15 miljoen aan Nampol toegeken word,” het hy gesê.
“Vir dié wat aandring om soos hooligans te ry, julle dae is getel. Binnekort sal die vervolging van spoedoortredings dit ’n baie duur oefening maak,” sê hy.
– [email protected]
FOTO’s Augetto Graig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie