Nuwe winkels lig Dis-Chem se verkope
Nellie Brand-Jonker - Die apteekgroep Dis-Chem se verkope het van begin September met 14% tot R7,9 miljard gestyg. Die maatskappy het in ’n handelsoorsig vir die vyf maande van begin September tot begin Februarie gesê sy totale omset het met 13% tot R8,5 miljard gestyg. Dit sluit sy groothandelaar se verkope in. Uitgesluit die nuwe winkels wat in die tydperk geopen is, het sy verkope met net 5,5% gestyg. Dié verkope is gelig deur die gemiddelde prysstygings van 2,5% op sy produkte. Die verskil is min of meer hoeveel items verbruikers méér by dieselfde winkels gekoop het.
In die vyf maande tot begin Februarie het Dis-Chem 30 winkels geopen. Die winkels is in gebiede geopen waar hy nie voorheen ’n teenwoordigheid gehad het nie.
Ivan Saltzman, uitvoerende hoof, sê Dis-Chem se fokus op ’n ongeëwenaarde aanbod in sy apteke, toegewyde diens aan die voorkant van die winkels en ’n diverse voorraad sal hom goed dra deur die moeilike marktoestande wat heers. Volgens hom gaan die mate waarin medisynepryse gaan styg laer wees in 2018 weens die lae prysverhoging wat die staat goedgekeur het. Die staat het net 1,2% se prysverhoging goedgekeur.
Saltzman sê die nuwe winkels wat geopen gaan word, sal verseker dat Dis-Chem sy markaandeel groei. - Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie