NWR se Hengari hoor binnekort haar lot
Die hof sal volgende maand uitspraak lewer oor die hofgeding tussen Namibia Wildlife Resorts en hul voormalige uitvoerende hoof.
Ogone Tlhage – Die hoërhof sal volgende maand uitspraak lewer oor Namibia Wildlife Resorts (NWR) se besluit om nie die dienskontrak van sy voormalige uitvoerende hoof, me. Zelna Hengari, te hernu nie.
NWR se raad het Hengari in haar laaste dae by die maatskappy geskors tot haar kontrak moes verval.
Sy is geskors weens 'n ooreenkoms wat NWR met Sun Karros aangegaan het wat die direksie as ongunstig vir die maatskappy beskou het.
Hengari se kontrak sou op 16 Julie 2019 eindig, maar sy is reeds in Januarie daardie jaar in kennis gestel haar kontrak sou nie hernu word nie.
Sy is in April geskors weens aantygings dat sy sonder goedkeuring NWR in 'n openbare-private-vennootskap met Sun Karros Lifestyle Safaris gekontrakteer het.
Sun Karros het glo 20 luukse tente, 'n swembad, 'n restaurant en tien kampplekke ter waarde van N$43 miljoen op NWR se Sesriem-kampeerterrein gebou.
Volgens Hengari is die aanstelling van die NWR-raad – volgens 'n prokureursbrief – onwettig aangesien dit nie in die Staatskoerant gepubliseer is nie en dit deur artikel 15(7) van die Wet op die Beheer van Openbare Ondernemings vereis word.
HENGARI SE EISE
Hengari eis N$8,4 miljoen van NWR.
Dié bedrag sluit in N$1,2 miljoen vir onderbetaling en N$3 miljoen as salaris vir die oorblywende jare wat sy glo op haar kontrak oor gehad het. Sy dring ook op N$3 miljoen vir haar prestasiebonus aan.
Die ander eise sluit in N$200 000 vir die gebruik van haar eie motor en N$400 000 in die plek van 'n maatskappyvoertuig, terwyl sy op 'n skeidingsloon van N$430 000 aandring.
“Ná ons ontmoeting met pres. Hage Geingob op 16 Mei 2019 en die daaropvolgende vergaderings oor hierdie aangeleentheid, is ek ingelig die NWR is opdrag gegee om my uitstaande gelde uit te betaal en dit sluit die twee jaar in wat op my dienskontrak moes bly, wat verkeerdelik teruggedateer is tot 2014,” het sy geskryf.
Hengari het N$1,1 miljoen per jaar as waarnemende besturende direkteur verdien voordat sy permanent in die pos aangestel is.
- [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie