NWR skenk aan gemarginaliseerde gemeenskappe
Namibia Wildlife Resorts (NWR) het 60 sakke klere, asook linne en handdoeke ter waarde van N$300 000 aan gemarginaliseerde gemeenskappe geskenk.
NWR se besturende direkteur, me. Zelna Hengari, het met behulp van haar vriende die skenking aan die gemeenskappe van die Hai-//om San, Ovatue en Ovatjimba gemaak. Twintig sakke klere, linne en handdoeke is ook aan die adjunkdirekteur van gemarginaliseerde gemeenskapsontwikkeling in die kantoor van die visepresident, mnr. Gerson Kamatuka, oorhandig. Dit is vir gemarginaliseerde gemeenskappe in die Omahekestreek geoormerk.
Tydens die oorhandiging aan die hoofmanne by die NWR se Gross Barmen-oord het Hengari gesê dit is haar wens dat die NWR in die toekoms meer betekenisvolle bydraes aan sodanige gemeenskappe kan maak.
Me. Fransiska Nghitila, NWR se omgewingspesialis, het gesê vroeër vanjaar is tien jeugdiges van die Hai-//om San- en Ovatjimba-gemeenskap vir 'n jaar lange opleidingskursus by 'n gasvryheidsopleidingskollege in Suid-Afrika gestuur. Voorts het NWR ook werksgeleenthede aan minstens 46 mense van die Hai-//om San gegee.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie