NWR sny werkmag dalk met derde
NWR sny werkmag dalk met derde

NWR sny werkmag dalk met derde

Ondanks grense wat oopgemaak het, betree Namibië nou die lae toerismeseisoen.
Francoise Steynberg
Teiken is 250 werknemers

Francoise Steynberg – Een van Namibië se grootste toerisme-organisasies, Namibia Wildlife Resorts Limited (NWR), het ’n opsie aan sy werknemers gegee om vanaf 22 September tot 22 Oktober vrywillige skeidingspakkette te aanvaar.

Volgens NWR se korporatiewe kommunikasiehoof, mnr. Mufaro Nesongano, het NWR tans 846 werknemers in diens.

“Die doelwit is dat 250 werknemers vrywillige skeidingspakkette sal aanvaar,” het Nesongano aan Republikein gesê.

Ondanks die onlangse salarisbesnoeiing van 25% van direksielede en senior bestuur, “is hierdie pogings alleen nie voldoende om die organisasie in ’n gesonder finansiële posisie te plaas nie,” sê Nesongano ’n mediaverklaring.

Op die vraag of besprekings sedert die opening van grense toegeneem het, het Nesongano gesê Namibië gaan nou die lae toerismeseisoen binne.

“Daarom hoop ons die Suid-Afrikaanse mark sal ’n effense verskil maak,” het hy gesê.

Die Internasionale Lughawe Hosea Kutako en Walvisbaai-lughawe is eerste oopgemaak en daarna het die grensposte van Ariamsvlei, Noordoewer, Katima Mulilo en Walvisbaai-hawe verlede week gevolg.

Nesongano sê NWR se bestuur het dus ’n kostebesnoeiingsplan aan die direksie voorgelê wat goedgekeur is.

“Een van die maatreëls is ’n vrywillige skeidingspakket om die volhoubaarheid van die organisasie te verseker.”

Die besturende direkteur van NWR, dr. Matthias Ngwangwama, sê die meeste maatskappye wêreldwyd begin dieselfde neiging volg, om maniere te vind om hul salarisrekening en ander bedryfskoste te verminder.

“Gegrond op wêreldwye ervarings is ons bewus hoe moeilik dit is om dieselfde personeelprofiel as voor die Covid-19-pandemie te hê,” het hy gesê.

NWR se skeidingspakkette behels: Twee weke se salaris vir elke jaar se ononderbroke diens; verlofdae van minder as 60 dae teen 30 September sal uitbetaal word; opgehoopte verlofdae bo 60 dae word teen 50% of die helfte van die oortollige dae betaal; elke werknemer wat geregtig is op ’n jaarlikse bonus, sal ’n gedeelte ontvang gelyk aan die maande sedert die laaste bonus; een maand se salaris in plaas van kennisgewing; totale pensioenfondskrediet in ooreenstemming met die reëls van pensioenvoorsorgfondse; en vervoer na die normale woonplek (binne die grense van Namibië) vir werknemers en hul besittings.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-11-23

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 20° | 36° Rundu: 20° | 37° Eenhana: 22° | 36° Oshakati: 25° | 35° Ruacana: 22° | 36° Tsumeb: 23° | 36° Otjiwarongo: 22° | 35° Omaruru: 23° | 36° Windhoek: 23° | 34° Gobabis: 23° | 35° Henties Bay: 14° | 19° Swakopmund: 14° | 16° Walvis Bay: 13° | 20° Rehoboth: 23° | 35° Mariental: 24° | 38° Keetmanshoop: 24° | 39° Aranos: 28° | 38° Lüderitz: 13° | 25° Ariamsvlei: 23° | 40° Oranjemund: 13° | 21° Luanda: 25° | 26° Gaborone: 22° | 36° Lubumbashi: 17° | 32° Mbabane: 18° | 31° Maseru: 16° | 32° Antananarivo: 17° | 31° Lilongwe: 22° | 33° Maputo: 23° | 31° Windhoek: 23° | 34° Cape Town: 17° | 27° Durban: 20° | 25° Johannesburg: 19° | 31° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 22° | 33° Harare: 21° | 31° #REF! #REF!