NWR verbeter geriewe in Suide
Hobas en Hardap trek nuwe baadjies aan
Namibia Wildlife Resorts (NWR) is besig om die daad by die woord te voeg met twee van hul oorde in die Suide wat opknappings ondergaan.
Die waarnemende besturende direkteur van NWR, me. Zelna Hengari, het verlede jaar tydens die opening van die opgeknapte Popa Falls Resort gesê met haar hande aan die leisels, dié toerisme-onderneming nie net winsgewend sal word nie, maar ook ’n hele nuwe beeld sal kry.
In ’n verslag wat deur die NWR uitgereik is, het dit gewys op die vordering wat by die Hobas- en Hardap-oord gemaak word.
Die Hobas-kampeerplek is 10 km van die hoofuitkykpunt van die Visrivier-spoelvallei geleë onder ’n handjievol bome wat ’n klein lafenis bied in die andersins dorre woestynomgewing. Die kamp is geleë by die ingang van een van Namibië se bekendste aantreklikhede, met baie mense wat daar verbyry of aandoen om permitte te koop.
Die opgraderingsprojek sluit in die bou van ’n nuwe restaurant met ’n kapasiteit van 100 mense en ’n kroeg waar skemerkelkies geniet kan word. Die bestaande kampeerplekke word ook opgeknap en vyf nuwe kampplekke vir groepe word bygebou. Dan sal die swembad ook opgegradeer word en algemene verbeterings sal aan die landskap aangebring word.
Die eerste fase van herontwikkeling het reeds begin met algehele opknappingswerk, die ingebruikneming van die nuwe rioolaanleg en die installasie van ’n kragopwekker. Na verwagting sal die ablusieblok, kantoor en werkersbehuising in die komende paar weke voltooi wees.
Die Hardap-ontspanningsoord ondergaan ook tans ’n gedaanteverwisseling.
Die oord is in die Hardap-wildreservaat geleë wat ongeveer 250 vierkante kilometer beslaan en die kampeerplek is op 361 ha hiervan geleë.
Die konsep vir die herontwikkeling is om groot opknappings aan bestaande fasiliteite te doen en die hele oord te moderniseer. Die kamers en restaurant sal daarna ’n selfs beter uitsig oor Namibië se grootste dam voorsien.
Ander geriewe wat opgegradeer word, sluit in die kantoor, paaie, kampeerplekke, swembad en ’n moderne konferensiesaal met bykomende kamers. Ander aantreklikhede wat beplan word, sluit in ’n drywende kroeg en ’n huisboot wat gebruik sal word wer wildsbesigtigingsritte en skemerkelkies op die water en om gaste na die dam se eilande te neem. Dan word nuwe begeleide wildbesigtigingsroetes en staproetes ook ontwikkel.
NWR het reeds in Desember 2013 ’n kontrakteur vir Hardap aangewys met afbreek- en bouwerk wat vroeg in Januarie begin het.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie